Skip to content

Burano in Italië is die wêreld se kleurvolste bestemming

# Burano in Italië is aangewys as die wêreld se kleurvolste bestemming. Die kreatiewe ateljee, Berlew, het ʼn ontleding gedoen om te bepaal hoe kleurvol 125 van die wêreld se gewildste reisbestemmings is. Elke straat in Burano se geboue is van die mure en vensterrame tot die deure en hortjies in blou, rooi, groen en geel geverf. Chefchaouen in Marokko, wat in skakerings van blou getooi is, is tweede en Guatapé in Colombië is derde. Willemstad in Curaçao en Havana in Kuba voltooi die topvyf.