# Die Britse klimaatgesant Rachel Kyte sê die wêreld moet voorberei om aardverwarming sonder Amerikaanse befondsing aan te pak, aangesien die Trump-administrasie miljarde aan klimaatsprojekte gestaak het. Suid-Afrika het hierdie week bevestig die VSA het ‘n steenkool-oorgangsverdrag van 18-miljard-rand gestop. Washington het in Januarie beloftes van tot 72-miljard-rand vir die Green Climate Fund gekanselleer. Kyte het egter wêreldwye verbintenis tot die groen oorgang beklemtoon, ten spyte van die Amerikaanse terugslae.
Britse gesant waarsku klimaatstryd moet sonder Amerikaanse ondersteuning voortgaan