Skip to content

Breadline Africa stel nuwe skoolkombuis vir 2000 leerders in Diepsloot bekend

# Breadline Africa het ‘n volledig toegeruste, voorafvervaardigde kombuis aan Diepsloot Primary School in Gauteng verskaf. Die skenking sal verseker dat meer as tweeduisend leerders daaglikse voedsame maaltye ontvang. Die nuwe kombuis vervang ‘n beknopte, verouderde ruimte en maak reeds ‘n groot verskil. Die skoolhoof, Johannes Makhafola, het die projek geprys en gesê dit wys hoe NRO’s en sakeondernemigs suksesvol kan saamwerk om onderwys te ondersteun en gemeenskappe met te min hulpbronne op te hef.