Skip to content

Brandbestryders veg teen brande in Suid-Frankryk ná Europese hittegolf

# Brandbestryders in Suid-Frankryk veg teen verskeie veldbrande wat deur sterk wind aangeblaas word, terwyl die land worstel met uiters droë toestande ná ‘n onlangse hittegolf in Europa. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nunez, sê drie brande, twee aan die westelike rand van Marseille aan die Middelandse See, het ‘n gesamentlike gebied van meer as een-duisend-200-hektaar verswelg. Die Wêreld-weerkunde-organisasie het verlede week gewaarsku die rekordtemperature in Wes-Europa laat verlede maand vererger die gevaar van veldbrande terwyl plantegroei baie droog is.