# Transnet Hawe-terminale het bevestig ‘n brand het op die houtsplinter-roete by die Richardsbaai-terminale, 80 meter se vervoerbande beskadig. Die brand is onder beheer gebring deur noodreaksiespanne en sproeiers wat groter skade verhoed het. Die bestuur het bevestig die vaartuig op die kaai is herlei na Durban se Multifunksionele Terminaal om voort te gaan met laaiwerk. Herstelwerk is tans aan die gang, en bedrywighede sal na verwagting later hierdie week hervat word. Daar word ook ondersoek ingestel na die oorsaak.
Brand beskadig 80 meter vervoerbande by Richardsbaai-terminale