# Die regering van Botswana, wat 15-persent van De Beers besit, wil die meerderheidsbelang in die Suid-Afrikaanse diamantmynreus verkry. Anglo American verkoop sy hele belang van 85-persent om hoofsaaklik op sy skoonenergie-metaalkoper te fokus. Botswana se president, Duma Boko, het in sy staatsrede in Gabarone gesê De Beers dra 70-persent by tot die land se jaarlikse ru-diamantproduksie. Hy beskou die maatskappy as ‘n strategiese nasionale bate. Boko sê Botswana wil sy mynbousektor uitbrei met diamante wat ‘n belangrike bydraer tot groei sal bly.
Botswana wil meerderheidsbelang in diamantreus De Beers verkry