# ‘n Brit wat beskuldig word van die moord op sy vrou en twee dogters in Brittanje, het sy borgtogaansoek laat vaar in die Johannesburgse Landdroshof. Die staat sê Ndodana Tshuma is ‘n onwettige voortvlugtige nadat hy na bewering uit Brittanje gevlug het voor sy gesin se liggame ontdek is. Hy word in Suid-Afrika beskuldig van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Tshuma se regsverteenwoordiger sê hulle sal nie in hierdie stadium borgtog vra nie. Die saak is uitgestel tot Maandag.
Borgtogaansoek laat vaar van beskuldigde in driedubbele moord in Brittanje