# Business Leadership South Africa sê toerisme is ʼn sterk faktor in Suid-Afrika se pogings vir ekonomiese groei en werkskepping. Die sektor het verlede jaar 10,5-miljoen besoekers aangeteken wat nege-persent tot die bruto binnelandse produk bygedra en byna ʼn miljoen werksgeleenthede geskep het. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê met die konflik in die Midde-Ooste is Suid-Afrika goed geplaas om toeriste na bestemmings soos Dubai en Katar eerder hierheen te lok. Die tydsone is dieselfde, infrastruktuur is vergelykbaar en die land is polities bestendig. Mavuso sê beperkings soos oponthoude by lughawens kan met volgehoue fokus oorkom word.
BLSA sê toerisme bied geleentheid te midde van wêreldwye onsekerheid