# Black Rock Mining, ʼn maatskappy van die Britse Maagde-eilande, eis 40-persent van Vodacom se multi-miljoen-rand skikking met die skepper van Please Call Me, Nkosana Makate. Vodacom en Makate het verlede week ʼn vertroulikheidsooreenkoms onderteken vir die skikking wat volgens berigte meer as 700-miljoen-rand beloop. Die geskil gaan oor ʼn memorandum wat Makate en die Suid-Afrikaanse sakepersoon, Christiaan Schoeman wat Black Rock Mining verteenwoordig, onderteken het. Hiervolgens sou die maatskappy alle regskoste betaal in ruil vir 40-persent van die uiteindelike skikkingsbedrag. Makate se prokureurs sê ʼn befondsingsooreenkoms tussen die twee partye is lank gelede herroep.
Black Rock Mining soek 40% van Vodacom se skikking met die Please Call Me-skepper, Makate