Skip to content

Black Motion loop voor met benoemings vir ‘SA Music Awards’ 2025

# Die House duo Black Motion loop voor met benoemings vir vanjaar se South African Music Awards. Hulle het vier benoemings gekry, insluitend beste dansalbum vir The Cradle Of Art en beste vervaardigde album. Die Amapiano treffermaker Kelvin Momo, Afro-soul sanger Sjava en die rapper Blxckier het elk twee nominasies gekry. Benoemdes vir die vyf gesogte afdelings, naamlik album van die jaar, beste nuweling, beste manlike kunstenaar, beste vroulike kunstenaar en beste duo of groep sal volgende maand aangekondig word. Die toekenningsgeleentheid sal in November gehou word.