# Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging, Thomas Funke, sê die uitbreiding van bio-etanolproduksie uit suikerriet kan Suid-Afrika se afhanklikheid van ingevoerde brandstof verminder, en terselfdertyd sukkelende produsente ondersteun. In sy artikel in Engineering News sê Funke stygende petrol- en dieselpryse beklemtoon die behoefte aan plaaslike alternatiewe. Funke sê ‘n gekoördineerde regeringsprogram is nodig om belegging te lok, regulatoriese struikelblokke uit die weg te ruim en ‘n lewensvatbare mark vir biobrandstowwe te skep. Hy sê dit sal energiesekerheid versterk, werksgeleenthede in landelike gebiede beskerm en landbouvolhoubaarheid ondersteun.
Bio-etanolproduksie uit suikerriet kan Suid-Afrika se energiesekerheid versterk