# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die bekendstelling van fase twee van die Vertroude Toer-operateur-skema aangekondig. Hy sê ‘n verdere 45 goedgekeurde toeroperateurs word bygevoeg by die bestaande 65 wat sedert die bekendstelling in Februarie vanjaar deel van die program is. Schreiber sê sedert die skema se aanlyn portaal ses maande gelede van stapel gestuur is, was daar reeds ‘n bykomende 25-duisend-24 toeriste van Indië en China wat Suid-Afrika besoek het.
Binnelandse Sake begin met fase twee van die Vertroude Toer-operateur-skema