Skip to content

Bestuurder aangekeer vir tref-en-trap-ongeluk waarin wêreld se oudste marathonatleet dood is

# Die Indiese polisie het ‘n man aangekeer in verband met die dood van die wêreld se oudste marathonatleet, Fauja Singh, in ‘n tref-en-trap ongeluk. Die polisie sê die beskuldigde het in ‘n sportnutsvoertuig gejaag toe hy die 114-jarige Brits-Indiese atleet getref het. Die ongeluk het in Punjab in die noorde van Indië gebeur terwyl Singh op sy middagstappie was. Hy was ‘n wêreldwye ikoon en het rekords opgestel vir marathons in verskeie ouderdomskategorieë. Singh het op 89 begin draf en nege volle marathons voltooi voor hy uitgetree het.