Skip to content

Benoemings vir Nasionale Kuns- en Kultuur-toekennings nou oop

# Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur vra benoemings vir die Nasionale Kuns- en Kultuurtoekennings. Dertig toekennings word in sewe kategorieë gedoen, insluitend visuele kunste en handwerk, letterkundige werke, en ontwerp en kreatiewe dienste. Minister Gayton McKenzie sê die toekennings speel ‘n belangrike rol in die kunsbedryf deur erkenning te gee aan uitnemendheid, moraal te verhoog, te inspireer, ‘n energieke nasie te skep en ‘n kultuur van innovasie te bevorder. Benoemings sluit op 21 Mei.