Skip to content

Bende wat duisende lewendige koninginmiere uit Kenia wou smokkel is gevonnis

# ’n Keniaanse hof het vier mans tot een jaar tronkstraf gevonnis, of ’n boete van 140-duisend-rand opgelê, nadat hulle probeer het om duisende lewendige koninginmiere uit die land te smokkel. Die twee Belge, ’n Viëtnamese burger en ’n Keniaan is verlede maand in hegtenis geneem met lewende miere wat vermoedelik bestem was vir versamelaars in Europa en Asië. Die smokkelgoedere het reuse-Afrika oesmiere ingesluit, wat volgens sommige Britse handelaars tot vier-duisend-rand elk werd is. Miere in Kenia word beskerm deur internasionale biodiversiteitsverdrae en die handel daarmee word streng gereguleer.