Skip to content

Bad Bunny gaan by Super Bowl se rustyd-vertoning optree

# Die driemalige Grammy-wenner Bad Bunny gaan in Februarie optree tydens die Super Bowl se 60ste rustyd-vertoning op die Levi-stadion in Santa Clara. Dit is die eerste keer dat die kletsrymer van Puerto Rico die Super Bowl-verhoog betree. Bad Bunny sê dit gaan nie oor homself nie, maar oor sy land se mense, kultuur en geskiedenis. Hy sluit aan by ‘n gevierde lys kunstenaars wat die geleentheid gekry het om by die NFL se grootste geleentheid op te tree, insluitend Michael Jackson, Beyoncé, Madonna en Bruce Springsteen.