# Rugby: Die Springbok-stut Ox Nché is ná ʼn besering vir res van die jaareindtoer na Europa op die kantlyn, terwyl Asenathi Ntlabakanye hom vervang. Nché het Saterdag sy been seergemaak tydens Suid-Afrika se skitterende 61-7-sege oor Japan op die Wembley-stadion in Londen. Ntlabakanye het in Julie die eerste keer vir die Bokke uitgedraf in hul […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 November 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die staande komitee oor Openbare Rekeninge het eenparig besluit om die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo te dagvaar na herhaalde pogings om sy vrywillige verskyning voor die komitee teen die einde van November 2025 te verseker. […]
# Krieket: Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, is baie trots op die span se vertoning in die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Haar onverskrokke 101 was egter verniet en die Protea-vroue het met 52 lopies teen Indië verloor in die eindstryd in Mumbai. Die gasvroue het met hul derde poging geseëvier nadat hulle in 2005 en 2017 […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle is vasbeslote om onafhanklik aan die 2026 munisipale verkiesing deel te neem. Die party, wat sedert die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994 vir die ANC verkiesingsveldtogte gevoer het, het toenemend krities geword oor sy rekord in die regering. Mapaila het gister by die […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het ʼn spesiale span ondersoekers ontplooi om die noodlottige verbyry-skietery in Reigerpark, Ekurhuleni, te ondersoek. Ses mense is dood in die voorval wat Saterdagaand plaasgevind het, en drie ander is beseer. Masemola, wat gister die plaaslike polisiekantoor besoek het om die jongste inligting oor die situasie te kry en […]
# Vyf Duitse klimmers is dood nadat hulle deur ʼn sneeustorting in Italië se Dolomiet-berge getref is. Twee ander is ongedeerd. Volgens owerhede was die bergklimmers wat in aparte groepe was, teen die Cima Vertana in die Ortler-Alpe toe die snelbewegende sneeumassa hulle tref. Die liggame van twee mans en ʼn vrou is Saterdag gevind, […]
# Krieket: Indië het Suid-Afrika met 52 lopies verslaan om hul eerste Vroue Eendag-Wêreldbeker-trofee in Mumbai te verower. Openingskolwer Shafali Verma het 87 lopies van 78 balle aangeteken terwyl die mede-gasvroue 298 vir sewe aangeteken het, die tweede hoogste telling in ‘n eindstryd. In antwoord hierop het kaptein Laura Wolvaardt ‘n indrukwekkende 101 van 98 […]
# President Cyril Ramaphosa en die leiers van politieke partye wat in die regering van nasionale eenheid verteenwoordig is, het die naweek by die Cradle Boutique Hotel in Gauteng vergader. Die Presidensie sê die GNU Leaders’ Retreat het ‘n platform gebied vir die politieke leierskap van regerende partye om te besin oor samewerking tussen partye […]
# Die Britse polisie sê daar is niks wat daarop dui dat die messteek-aanval aan boord van ‘n Doncaster-Londen-trein Saterdag ‘n terroriste-voorval was nie. Vier van die nege mense wat aanvanklik vermoed is, ernstig beseer is, is uit die hospitaal ontslaan, terwyl twee se toestand steeds ernstig is. Die eerste minister Keir Starmer het die […]