# Die pas aangestelde Noordwes-polisiekommissaris, Arthur Adams, sê die monitering van gelisensieerde myn-persele moet verskerp word. Dit volg nadat 14 vermeende onwettige myners dood en talle ander gister beseer is ʼn rotsstorting by ʼn verlate mynskag in Nkaneng naby Rustenburg. Adams sê die polisie sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te werk […]
# Die Parlement verwerp die National Coloured Congress-leier, Fadiel Adams, se bewering dat skootrekenaar-probleme sy vertraagde reaksie op die Madlanga-kommissie veroorsaak het. Hy beweer hy kon nie op ʼn amptelike kennisgewing reageer nie weens ʼn probleem met sy skootrekenaar wat deur die Parlement uitgereik is. Volgens die kennisgewing moes hy vrae beantwoord oor strafregtelike klagtes […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy verskerp sy reaksie op die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Vier-duisend-381 bevestigde gevalle is aangemeld en twee-duisend-en-11 mense is aan die virus dood. Die middelpunt van hierdie uitbreking van die Bundibugyo-spesie van Ebola is in die ooste van die DRK waar onsekerheid pogings om dit te beheer, belemmer. […]
# ‘n Moontlike Iranse bedreiging het president Donald Trump verlede maand gedwing om ná die NAVO-beraad in die geheim op Turkye se Ankara-lughawe van Air Force One via ‘n spysenieringshouer na ‘n militêre straler te verskuif. Volgens berigte het die VSA van ‘n geloofwaardige Iranse dreigement uitgevind om ‘n missiel op die vliegtuig af te […]
# Die DA sê dit is duidelik dat Suid-Afrika se werkkrisis slegs vererger aangesien ekonomiese hervorming veels te stadig plaasvind om groei vinnig genoeg aan te spoor om werk te skep. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat die land se amptelike werkloosheidsyfer met 0,9-persentasiepunte gestyg het, van 32,7-persent in die eerste kwartaal van hierdie jaar […]
# Die Departement van Gesondheid beskuldig die organisasie, Pharmaceuticals Made in South Africa, dat hy die Parlement mislei het oor onlangse redes vir werksverliese in die sektor. Pharmisa het verlede week aan die Parlement gesê die departement se fokus op prys maak dit vir plaaslike medisyne-vervaardigers moeilik om tenders te kry, wat die afgelope 18 […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, is bekommerd oor die groeiende bedreiging deur georganiseerde misdaad en sê bendes, dwelmoorloë en onwettige vuurwapens is die rede vir die toenemende aantal moorde in die provinsie. Dit volg na die moord die afgelope naweek op vier mense, waaronder twee lede van die Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, Ekurhuleni. ‘n […]
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê Amerika se jongste sanksies maak ʼn diplomatieke oplossing vir die oorlog onwaarskynlik. Die Amerikaanse Tesourie se kantoor vir beheer oor buitelandse bates het verlede week sanksies ingestel teen twee digitale bate-uitruilings en die leier van ʼn netwerk van frontmaatskappye. Dit word volgens berigte deur die Iranse regime […]
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, moes twee veranderings aanbring vir vanaand se kragmeting met die All Blacks op Kingspark in Durban. Die slot Emile van Heerden is beseer en die Springbok-voorspeler Vincent Tshituka het harsingskudding. Deon Slabbert vervang Van Heerden in die opdrafspan en Corné Rahl vir Tshituka op die bank. Pietersen […]