# President Donald Trump sê daar was vordering tydens sy vergadering met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die leiers het gister in Alaska vir meer as twee en ‘n half uur vergader. Trump sê hy is van plan om die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en ander Europese leiers, wat […]
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se vorige plasings op sosiale media. Dit volg op verskeie klagtes van politieke partye en individue rakende beweerde rassistiese plasings en xenofobiese uitsprake deur die minister. Die plasings dateer tussen 2011 en 2017. Wisani Baloyi van die kommissie sê, gegewe sy […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Herman Loubser lei die Vodacom Origins of Golf met een hou op vyf onder baansyfer na die eerste ronde by die Parys-gholflandgoed in die Vrystaat. Robson Chinhoi van Zimbabwe is kort op sy hakke en is een hou agter op vier onder 68. Daar is tans ‘n groep van tien spelers […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement sê hulle is besig om ‘n onafhanklike ondersoekende regsfirma aan te stel om die dood van ‘n graad-3 leerder van die Alberview Primary School in Ekurhuleni te ondersoek. Daar word beweer dat die leerder op 1 Augustus in die hospitaal oorlede is nadat hy ‘n besering op die skoolterrein opgedoen het. […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge het alle staatsdepartemente versoek om president Cyril Ramaphosa diplomatieke aangeleenthede met die VSA te laat lei. Die voorsitter Supra Mahumapelo het beklemtoon dat slegs gemagtigde amptenare ingewikkelde buitelandse betrekkinge moet bestuur, veral te midde van die 30-persent-tariefverhoging. Hy het ‘n beroep gedoen op spesiale gesant Mcebisi Jonas om […]
# AfriForum sê die Stad Johannesburg se besluit om sy omstrede CCTV-verordening te herroep, is ‘n groot oorwinning vir inwoners. Die verordening, wat in die Hooggeregshof in Johannesburg as ongrondwetlik betwis is, sou kameras in openbare en privaat ruimtes reguleer. Die organisasie het metro’s gewaarsku om gemeenskapsveiligheidsnetwerke te respekteer. Jacques Broodryk van AfriForum sê die […]
# Die Forum for South Africa versoek die regering om die storting van goedkoop Amerikaanse hoender- en varkprodukte in die plaaslike mark te stop. FOSA waarsku dat hierdie invoere plaaslike boere, fabrieke en werksgeleenthede bedreig en werkloosheid en armoede kan vererger. Tebogo Mashilompane van die forum dring daarop aan dat owerhede produkte wat gestort word […]
# Rugby: Die Haaie het hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die Curriebeker-seisoen gely toe die Griekwas die Durbaniete met 26–17 in Kimberley geklop het. Die tuisspan het vier drieë teenoor die besoekers se twee gedruk en sodoende ‘n bonuspunt en hul derde oorwinning in die kompetisie verseker. Dissipline het die Haaie se ondergang beteken, met […]
# Die familie van die oorlede voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, het hulle tot die Konstitusionele Hof gewend in ‘n dringende poging om teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria te appelleer. Die hof het bevind dat die Zambiese regering geregtig is om Lungu se oorskot te repatrieer vir ‘n staatsbegrafnis. Lungu se weduwee, […]