# President Donald Trump van Amerika sê die weermag het ʼn aanval uitgevoer op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmvaartuig wat in internasionale waters op pad was na Amerika. Drie mans is in gister se aanval dood. Dit volg na ʼn soortgelyke aanval vroeër die maand waarin elf mense dood is. Trump sê hierdie uiters gewelddadige dwelmkartelle […]
# Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu is vir 12 wedstryde geskors na sy ‘n Ierse teenstander, Aiofe Wafer, gebyt het tydens Sondag se kwarteindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Exeter, Engeland. Die 25-jarige het erken sy het ‘n rooikaart-oortreding begaan, maar gaan teen die lengte van die skorsing. Die skorsing beteken Berthoumieu is uit vir […]
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu weier om nog aanvalle op Hamas-leiers uit te sluit en sê terroriste sal nêrens gevrywaar wees nie. Israel het verlede week Hamas-leiers in Katar, ʼn Amerikaanse bondgenoot, aangeval en vyf mense doodgemaak. Vyf was lede van die militante groep en een ʼn weermaglid van Katar. Netanyahu het gister […]
# President Cyril Ramaphosa het ʼn proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die Oorlog teen Lekplekke-program uitbrei om die Drop the Block-projek in te sluit. Die ondersoek was aanvanklik beperk tot die Departement van Water en Sanitasie en Sedibeng Water, maar sal nou ook Lepelle Northern Water insluit. Die ondersoek handel oor […]
# Die graderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika is in ʼn negatiewe siklus waar hoë leningskoste belegging ontmoedig, groei belemmer en skuldkoste verder verhoog. Die agentskap plaas die land se buitelandse en plaaslike langtermynskuld op Ba2 met ʼn bestendige vooruitsig. Moody’s sê hoewel beleid wat fiskale en ekonomiese kwessies betref verbeter, sal dit weens probleme om dit in […]
The headlines of the leading newspapers on 16 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Is the first of many newspapers to report on president Cyril Ramaphosa’s meeting with ANC councillors yesterday. The paper writes the meeting indicates concerns about next year’s election. Ramaphosa told the councillors it was either service delivery or death. # And […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Is die eerste van talle koerante wat berig oor president Cyril Ramaphosa se vergadering met die ANC-raadslede gister. Die koerant skryf die vergadering dui op kommer oor volgende jaar se verkiesing. Ramaphosa het vir die raadslede gesê dis óf dienslewering […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê enige besluit oor Suid-Afrika se benadering tot die inflasieteiken moenie ligtelik geneem word nie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank wil ʼn nuwe inflasieteiken stel en voer aan die huidige koers maak dat die land nie mededingend is nie en plaas druk op landsburgers. Die land se inflasiesyfer het die afgelope […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die ondersoek na die vermeende sluipmoordpoging op adjunkpresident Paul Mashatile is afgehandel. Die ondersoek is uitgevoer deur die polisie se Misdaadintelligensie-afdeling en die Staatsveiligheidsagentskap. Op 30 Maart is talle skote op Mashatile se voertuig afgevuur terwyl hy op pad was van ʼn vergadering van die ANC se […]