Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 17 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering het nie daarin geslaag om ‘n belofte na te kom wat president Cyril Ramaphosa ses jaar gelede gemaak het om te verseker dat elke leerder teen 2025 toegang tot ‘n digitale platform sal hê nie. Ramaphosa het […]
# Die EFF sê Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het sy basiese mandaat versaak en word gedryf deur afleidings wat die ANC se interne agendas dien. Dis in reaksie op die departement se prestasieverslag vir die tweede en derde kwartaal van 2024/2025. EFF-woordvoerder Sinawo Thambo veroordeel die departement oor korrupsie, onderprestering en politieke begunstiging. […]
# Die langverwagte Madlanga-kommissie begin vandag by die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het die kommissie aangestel ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy maak bewerings oor samespanning en korrupsie in die strafregstelsel. Hy beweer die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het bande met ʼn misdaadsindikaat. Mkhwanazi sal die kommissie se […]
# Die Verenigde Nasies se onafhanklike internasionale ondersoekkommissie oor die besette Palestynse gebied het bevind Israel se optrede in Gaza kom neer op volksmoord. In ʼn nuwe verslag word Israel onder meer beskuldig dat hy burgerlikes teiken wat hy volgens wet moet beskerm, en onmenslike toestande skep wat Palestyne se dood veroorsaak. Israel verwerp die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste is bekommerd oor onnatuurlike sterftes onder gevangenes ná ʼn verslag van die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste oor sy prestasie in 2025/2026 se eerste kwartaal. Die inspektoraat se klagtekantoor het 177 klagtes ontvang. Dit sluit 46 gevalle in waar gevangenes mekaar aangerand het, 29 klagtes oor beamptes wat […]
# Krieket: Die Protea-vroue het Pakistan met agt paaltjies verslaan in hul eerste eendagwedstryd in Lahore. Sidra Amin het ‘n onoorwonne honderdtal aangeteken en die gasvroue het 255 vir vier in hul 50 boulbeurte aangeteken. Marizanne Kapp en Tazmin Brits het daarna honderdtalle aangeteken en ‘n ononderbroke vennootskap van 216 om die derde paaltjie gedeel […]
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dagvaar die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan vir laster. Dit volg nadat O’Sullivan bewerings op mediaplatforms gemaak het dat Mkhwanazi betrokke is by misdadige aktiwiteite, ‘n moordbende bestuur en by korrupsie betrek word. Hy het Mkhwanazi en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, ook daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by […]
# Die 77ste Emmy-toekennings, wat Sondagaand gehou is, het die meeste kykers sedert 2021 gelok. CBS se uitsending het 7,4-miljoen kykers gelok, ‘n toename van agt persent van die 6,9-miljoen kykers van verlede jaar se seremonie op ABC. Die toekenningsgeleentheid het 1,6 miljoen vermeldings op sosiale media ontvang en was vir sewe uur lank die […]
# Vandag is Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag. Die doel is om bewustheid te kweek oor die osoonlaag se agteruitgang en oplossings te vind om dit te bewaar. Vanjaar se tema is: Van wetenskap tot wêreldwye aksie. Die dag herdenk die datum waarop die Montreal-protokol oor stowwe wat die osoonlaag vernietig in […]