Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Is die eerste van talle dagblaaie en nuuswebwerwe wat vandag berig oor die provinsiale kommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie. Die koerant skets ‘n somber prentjie van verlore geregtigheid as gevolg van geskorste polisieminister Senzo Mchunu […]
# Solidariteit sê die ANC-geleide regering se mislukkings is die oorsaak van grootskaalse afleggings in verskeie sektore. Die vakbond sê in sy jongste verslag afleggings raak regstreeks of onregstreeks reeds meer as 350-duisend mense. Solidariteit se hoofsekretaris, Gideon du Plessis, sê afleggings in die mynbousektor kan toegeskryf word aan hoë insetkoste weens elektrisiteitstariewe en swak […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge op die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië. Van Niekerk, wat […]
# Die DA in Gauteng sê hy is tevrede dat burgemeester Dada Morero en Johannesburg Water se besturende direkteur, Ntshavheni Mukwevho, aanspreeklik gehou sal word vir die toenemende waterkrisis in die metro. Die twee verskyn môre voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Water en Sanitasie. Inwoners van buurte soos Westbury, Coronationville en Westdene het al meer […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika se swak ekonomie en elektrisiteitstariewe maak dit toenemend moeilik vir inwoners om die elektrisiteit wat hulle gebruik, te betaal. Munisipaliteite skuld saam meer as 400-miljard-rand, en hulle skuld Eskom net meer as 100-miljoen-rand. Ramogkopa sê weens klante se onvermoë om te betaal, wend meer […]
# Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, en die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, ontmoet na verwagting vandag in New York. Die doel is om die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het, te bespreek. Die land se onderhandelingspan het ʼn hersiene voorstel voorgelê om ʼn laer tarief te bewerkstellig. Amerika […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, sê sy vertrou die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het pogings verskerp om bedrog en korrupsie binne die toelaestelsel uit te roei. Die agentskap het verskeie sekerheidsmaatreëls bygevoeg om te verseker dat alle regmatige begunstigdes hul finansiële toelae ontvang. Tolashe sê die Biometriese Aansluiting vir Begunstigdes is […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, is op sy tweede staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk waar hy koning Charles en eerste minister Keir Starmer sal ontmoet. Dit kom te midde van kritiek op Trump se beleid en uitsprake, met die Stop Trump-koalisie wat gister betoog het. Starmer sal probeer om ‘n ooreenkoms te sluit waarvolgens Brittanje uitgesluit […]
# Dit is vandag Internasionale Countrymusiek-dag waarop een van die wêreld se gewildste musiekgenres gevier word. Countrymusiek het sy oorsprong in die landelike suide van Amerika en sy wortels is in blues, kerk- en Amerikaanse volksmusiek. Dis ook vandag Hank Williams se verjaarsdag. Hy is een van die invloedrykste countrymusiek-kunstenaars van die 20ste eeu. Sy […]