# Disney se ABC-kanaal het die gewilde laatnagprogram, Jimmy Kimmel Live, onbepaald onttrek. Dit kom te midde van omstredenheid oor Kimmel se onlangse opmerkings oor die dood van Charlie Kirk, wat tydens ʼn geleentheid by Utah Valley University doodgeskiet is. Tyler Robinson word aangekla van die aktivis se moord. Kimmel het Maandagaand in sy monoloog […]
# Die fliekmaker Spike Lee, Warner Brothers se uitvoerende hoof, Pamela Abdy, die klankbaan-komponis Nicholas Britell en die draaiboekskrywer Will Tracy is van die mense wat vereer word op vanjaar se Montclair-rolprentfees in Amerika. Lee word vereer vir sy bydrae as rolprentmaker terwyl Adby die Visioenêre Toekenning vir haar loopbaan ontvang deur flieks soos Sinners […]
# Die graderingsagentskap, Moody’s, verwag Suid-Afrika se ekonomie sal oor die volgende twee jaar met minder as 1,5-persent per jaar groei. Dis minder as die byna 5-persent wat vir Afrika suid van die Sahara voorspel word. Moody’s sê hy verwag Amerikaanse tariewe sal slegs ʼn matige uitwerking op die land hê, maar kleiner aanvraag uit […]
# Koning Charles het klem gelê op die diepe verbintenis tussen die Verenigde Koninkryk en Amerika, en die behoefte om kulturele, militêre en handelsbande in stand te hou. Hy het president Donald Trump en sy vrou, Melania, gisteraand by Windsor-kasteel met ʼn feesmaal onthaal. Trump is op sy tweede geskiedkundige staatsbesoek aan die land waar […]
Sokker: Paris Saint-Germain het die verdediging van sy Kampioeneliga-titel afgeskop met ‘n oorwinning van 4-0 oor Atalanta. Kaptein Marcos Aoás Corrêa en Khvicha Kvaratskhelia het gesorg vir ‘n rustyd-voorsprong van 2-0, waarna Nuno Mendes en Gonçalo Ramos nog twee doele bygevoeg het. Verlede seisoen se naaswenner, Inter Milan, het Ajax 2-0 geklop. Harry Kane het […]
# Die Valke het gister ʼn klopjag uitgevoer by die Polokwane-munisipaliteit se kantoor ná bewerings van tender-onreëlmatighede waarby kontrakte van 225,5-miljoen-rand betrokke is. Burgemeester John Mpe en munisipale bestuurder Thuso Nemugumoni het na bewering tenders toegeken aan hegte vriende en buitelandse maatskappye. Munisipale fondse is volgens berigte ook gebruik om die Makoro-stigting wat aan die […]
# Die adjunkminister in die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Alvin Botes, sê Suid-Afrika het borgskappe van 149-miljoen-rand gekry om sy G20-presidentskap te ondersteun. In aanloop tot die G20-leiersberaad in Gauteng in November, het 90 van die 133 beplande vergaderings reeds plaasgevind. Botes het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking gesê daar […]
The headlines of the leading newspapers on 18 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Is the first of many dailies and news websites to report today on the testimony of the provincial commissioner of KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, before the Madlanga Commission. The paper paints a bleak picture of justice lost as a result of suspended […]
# Die Europese Kommissie beplan om handel met Israel te beperk en sanksies in te stel teen sogenaamde ekstremistiese ministers in sy regering. Die voorstel moet deur die meerderheid van die Europese Unie se 27 lidlande aanvaar word, maar sal waarskynlik teenstand kry, veral van Duitsland en Italië. Die EU is Israel se grootste handelsvennoot, […]