# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid ʼn finale verbeurdverklaringsbevel toegestaan teen ʼn maatskappy wat met die diamanthandelaar, Louis Liebenberg, en sy vrou Desiree se bedrieglike beleggingskema verbind word. Die bevel het betrekking op winste uit onwettige aktiwiteite wat in ʼn Standard Bank-rekening in die naam van die ZencoCare-maatskappy gehou word. […]
# Gholf: Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is almal een hou […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Verdediging en Militêre Veterane verwelkom die inhegtenisneming van vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en twee buitelanders in Musina, Limpopo. Hulle is vasgetrek na ʼn beweerde poging om onwettige smokkelaars in ʼn ongemagtigde operasie te onderskep en onwettige sigarette by ʼn militêre basis te versteek. Die weermaglede is borgtog […]
# Die DA-parlementslid, Dianne Kohler Barnard, verwerp die bewerings wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, teen haar gemaak het. Hy het gister voor die Madlanga-ondersoekkommissie getuig en beweer Kohler Barnard en die National Coloured Congress se LP, Fadiel Adams, het vir politieke voordeel by intelligensiebedrywighede ingemeng. Hy beskuldig Kohler Barnard dat sy by ʼn misdaadsindikaat […]
# Wyle oud-adjunkpresident David Mabuza se dogter uit ‘n vorige huwelik het ‘n dringende aansoek in die Hooggeregshof in Mpumalanga ingedien om sy pensioenfondsuitbetaling aan sy weduwee, Nonhlanhla Mnisi, te keer. Tamara Silinda beweer Mabuza was in ‘n tradisionele verbintenis met haar moeder, Emunah, getroud. Sy wil hê Alexander Forbes moet verhoed word om enige […]
# Die beleërde menslike-hulpbronbestuurder van Stellenbosch-munisipaliteit, Alexander Kannemeyer, het bedank as waarnemende direkteur van korporatiewe dienste. Hy is vroeër vandeesmaand gekritiseer na ‘n videogreep waarin hy na bewering gesê het dat druk uitgeoefen moet word op kwalifiserende wit werkskandidate totdat hulle uiteindelik bedank. Kannemeyer is steeds die hulpbronbestuurder van die munisipaliteit. DA-woordvoerder, Willie Aucamp, het […]
# AfriForum sê hy veroordeel die regering se geheimsinnige pogings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer deur te voer, sonder enige verteenwoordiging van die burgerlike samelewing. Nedlac ontken dat hy die proses gelei het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die organisasie gaan ingevolge die Wet […]
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het sy groep van 34 bekendgemaak wat Nieu-Seeland in die laaste twee rondes van die Rugbykampioenskap gaan pak. Die stut James Slipper kan sy 150ste verskyning maak en aansluit by Alun-Wyn Jones van Wallis en die All Black, Sam Whitelock, wat die enigste spelers is wat nog […]
# Die drukgroep Gauteng Housing Crisis Committee gaan vandag na die kantoor van Johannesburgse burgemeester, Dada Morero, opruk. Hulle eis onder meer skoon water en ‘n einde aan die wateronderbrekings. Die metro ondervind uitdagings met ou infrastruktuur, lekkasies en onwettige verbindings, wat tot onderbrekings in sekere gemeenskappe gelei het om selfs afsluitings. Morero het inwoners […]