# ‘n Federale regter in Florida het president Donald Trump se laster-eis teen The New York Times verwerp omdat hy nie federale reëls vir die indiening van siviele eise gevolg het nie. Regter Steven D. Merryday het gesê ‘n klag is nie veronderstel om “‘n megafoon vir openbare betrekkinge” te wees nie en het die […]
# Drie Russiese vegvliegtuie wat die Estlandse lugruim geskend het, is deur NAVO onderskep. Estland se ministerie van Buitelandse Sake het die inval as “skaamteloos” bestempel. Hy sê drie Russiese MiG-31-vegvliegtuie het gister die land se lugruim sonder toestemming oor die Golf van Finland vir 12 minute binnegedring. NAVO-woordvoerder Allison Hart sê dis nog ‘n […]
# Atletiek: Sinesipho Dambile moes Vrydag met die agtste plek tevrede wees in ‘n blitsige 200-meter-eindronde by die wêreldkampioenskap in Tokio. Die Amerikaner Noah Lyles het gewen in 19,52-sekondes. Lyles het die oorwinning oor die laaste 10 meter beklink vir sy vierde agtereenvolgende wêreldkroon in die 200-meter. Hy is gevolg deur sy landgenoot Kenneth Bednarek […]
# Krieket: Die Protea-vroue het ‘n reusetotaal van 292 vir drie aangeteken en gister die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Lahore met 26 lopies gewen. Tazmin Brits het oorheers met ‘n manjifieke 171 nie uit nie openingsvennootskap van 260 met kaptein Laura Wolvaardt. Reën het spel na 41 boulbeurte onderbreek met die Proteas op 238-0 […]
# Motorsport: Lewis Hamilton het die beste gevaar in gister se tweede oefensessie vir hierdie naweek se Azerbeidjan Grand Prix, voor sy Ferrari-spanmaat Charles Leclerc en voormalige kollega George Russell van Mercedes. Met die McLaren-kampioenskapvoorloper Oscar Piastri en sy naaste mededinger Lando Norris wat ‘n moeilike middag beleef het, is dit duidelik waarom die sewemalige […]
# Die National Coloured Congress se stigter en parlementslid, Fadiel Adams, het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings teen hom ten sterkste ontken. Mkhwanazi het Adams gister in sy getuienis voor die Madlanga-kommissie beskuldig dat hy ongemagtigde toegang tot sensitiewe inligting verkry en dit gebruik het om sonder die nodige oorsig strafregtelike sake teen […]
# Amerika het vir die sesde keer in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ‘n voorstel geveto wat ‘n onmiddellike en permanente skietstilstand in Gaza en die vrylaat van krygsgevangenes wat Hamas aanhou, eis. Al 14 van die ander lede van die VN se magtigste liggaam het ten gunste van die voorstel gestem. Dit beskryf die […]
# President Cyril Ramaphosa het hom verbind om op te tree wanneer die Madlanga-kommissie se bevindings bekendgemaak word. Die kommissie wat bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel moet ondersoek, het Woensdag begin. Die tussentydse verslae sal na verwagting binne drie tot ses maande beskikbaar wees. Ramaphosa het aan die SABC gesê […]
# Suid-Afrika vier vandag Nasionale Herwinningsdag waarop bewustheid geskep word oor herwinning en vullisvermindering met die fokus op papierprodukte. Suid-Afrika herwin tans 46-persent plastiek wat hoër is as die meeste lande. Sewentig-persent papier, 72-persent koeldrankblikkies/metaal en 42-persent glas word herwin. Dit is Saterdag Wêreld-skoonmaakdag, waarop miljoene vrywilligers uit 190 lande teen plastiekafval en besoedeling sal […]