# Die parlementêre ad hoc-komitee hervat vandag met ʼn nuwe getuie, die adjunkminister van Polisie, Paulina Shela Boshielo. Sy sal na verwagting lig werp op die werking van die taakspan vir politieke moorde. Die ander adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het verlede week getuig hy is meer as ʼn jaar in die amp, maar weet […]
# Sokker: Suid-Afrika het die Onder-17 FIFA-Wêreldbekertoernooi vir mans op ʼn hoë noot afgeskop met ʼn sege van 3-1 oor Bolivië in Doha, Katar. Emile Witbooi, Neo Bohloko en die plaasvervanger Shaun Els se doele het die Amajimbos se heel eerste oorwinning in slegs hul tweede verskyning in ʼn Wêreldbekertoernooi sedert 2015 beklink. Afrigter Vela […]
The headlines of the leading newspapers on 04 November 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports TymeBank has received approval from the South African Reserve Bank to appoint Cheslyn Jacobs as its new CEO. Jacobs succeeds Karl Westvig, who has led the bank since 2023. He will continue to support the bank’s continued growth in an […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 November 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig TymeBank het goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang om Cheslyn Jacobs as sy nuwe uitvoerende hoof aan te stel. Jacobs volg Karl Westvig op, wat sedert 2023 die bank lei. Hy sal voortgaan om in ‘n raadgewende hoedanigheid die […]
# President Donald Trump van Amerika het New Yorkers aangemoedig om in vandag se burgemeestersverkiesing vir voormalige goewerneur Andrew Cuomo te stem. Hy voeg by die stad het geen kans op sukses of selfs oorlewing onder Zohran Mamdani se leierskap nie. Volgens meningspeilings is Mamdani, die Demokrate se kandidaat, voor Cuomo, wat as Onafhanklike deelneem […]
# Die voormalige prokureur van Israel se weermag, generaal-majoor Yifat Tomer-Yerushalmi, is gearresteer. Dit volg nadat sy erken het sy het verlede jaar beeldmateriaal laat uitlek van soldate wat na bewering ʼn Palestyne aangehoudene aanrand, maar toe in die hof oor haar optrede gelieg. Vyf reserviste is aangekla dat hulle die aangehoudene ernstig aangerand en […]
# Die IVP het sy volle ondersteuning aan en vertroue in die KwaZulu-Natalse regering van provinsiale eenheid onder leierskap van premier Thami Ntuli bevestig. Dit volg na berigte van spanning tussen die party en die ANC wat die provinsiale koalisieregering saam met die DA en die NFP vorm. Die NFP het onlangs aangekondig hy onttrek […]
# Ekurhuleni se waarnemende burgemeester, Jongizizwe Dlabathi, sê die wetteloosheid in Reigerpark is voortslepend en buite beheer. Dit volg nadat ses mense die naweek in ʼn verbyry-skietery in die gebied dood is. Dlabathi het die slagoffers se gesinne gister besoek. Die motief vir die aanval is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. […]
# President Cyril Ramaphosa sê te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid is dit belangriker as ooit dat Suid-Afrika sy handel- en beleggingsbande diversifiseer. Die president was verlede week op ʼn staatsbesoek aan Indonesië, Maleisië en Viëtnam. In 2024 was die gesamentlike handelswaarde tussen Suid-Afrika en hierdie drie lande 83-miljard-rand. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief […]