# Rugby: Dit was voet in die hoek vir die Stormers toe hulle die verdedigende kampioen Leinster gisteraand met 35-0 in hul openingswedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad geklop het. Die tuisspan het vier drieë in die proses gedruk om ‘n bonuspunt te verdien. Die rustydtelling was 6-0. Die Haaie het egter hul VRK-veldtog […]
# Rugby: Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith sê hulle verwag môre in Durban ʼn taai en fisiese stryd teen Argentinië. Daar is slegs twee punte verskil tussen Australië en Argentinië wat onderskeidelik eerste en laaste op die punteleer is, met twee Rugbykampioenskap-rondes wat oorbly. Die All Blacks takel môre die Wallabies in Auckland . Smith sê hulle fokus […]
# Linden in Johannesburg het TimeOut se 2025-lys met 39 lekkerste woonbuurte in die wêreld gehaal. TimeOut sê hierdie woonbuurte is plekke wat stede se siel verteenwoordig terwyl dit hul eie unieke, plaaslike karakter behou wat mense lok om daar te woon, werk en speel. Linden is 17de en kry erkenning vir sy outydse egtheid, […]
# President Cyril Ramaphosa sê hy het Suid-Afrika aangebied as plek vir toekomstigge vredesamesprekings tussen die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky en die Russiese president Vladimir Putin. Ramaphosa het vandeesweek in New York ‘n bilaterale ontmoeting met Zelensky gehad. Die president sê Suid-Afrika is uniek geleë om Putin, Zelensky en die Amerikaanse president Donald Trump […]
# President Donald Trump van Amerika sê hy het aan eerste minister Benjamin Netanyahu gesê hy sal nie toelaat dat Israel die Wesoewer annekseer nie. Israelse wetgewers het in Julie met 71 teen 13 ten gunste van ʼn niebindende mosie gestem om die Wesoewer te annekseer. Israel vestig reeds sedert 1967 nedersettings in die Wesoewer. […]
# Die tema vir vandag se Wêreldomgewinggesondheidsdag is Skoon Lug, Gesonde Mense. Vandag word samewerking tussen publiek en privaat ondernemings aangemoedig om onderhoubare gebruike in te stel, besoedeling te bekamp en by klimaatverandering aan te pas om openbare gesondheid te bevorder. Sowat 99-persent van mense wêreldwyd asem lug in wat die WGO se veiligheidsreëls oorskry […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hulle maak goeie vordering sedert hulle ʼn hersiene handelsraamwerk aan Amerika gestuur het. President Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging het hierdie week in New York probeer om nadelige gevolge van Amerika se tariewe van 30-persent af te weer. Tau het aan die SABC gesê […]
# Swem: Die viermalige Olimpiese medaljewenner, Chad le Clos, het sy deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kortbadkampioenskap in Pietermaritzburg op ʼn wen-noot begin. Die 33-jarige swemmer wat na ʼn rugbesering weer in aksie is, het die 50-meter-vlinderslag in 22,79 sekondes gewen en die 100-meter-vryslag in 47,55 sekondes. Die 18-jarige Jessica Thompson het die vroue se […]
The headlines of the leading newspapers on 26 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports one of the world’s biggest names in digital finance, Revolut of London, has indicated that it will make its entry into the African market through South Africa. The group is looking at a market of about 1.3-trillion-rand that can be […]