# Die Colombiaanse president Gustavo Petro het die VSA se besluit om sy visum te herroep, afgelag en Washington beskuldig dat hy internasionale reg skend oor sy kritiek op Israel se oorlog in Gaza. Die VSA het Vrydag gesê hulle gaan Petro se visum herroep nadat hy Vrydag in New York by ‘n pro-Palestynse betoging […]
# Kiëf het vroeg vanoggend onder ‘n hewige hommeltuig- en missielbombardement deurgeloop, in wat onafhanklike waarnemers beskryf as een van die grootste Russiese aanvalle op die Oekraïense hoofstad en omliggende streek sedert die volskaalse oorlog begin het. Die hoof van Kiëf se militêre administrasie, Tymur Tkachenko, sê ten minste drie mense is dood en ongeveer […]
# Gholf: Span Europa het oorheers by Bethpage Black in New York en Saterdag se Viertal- en Vierbal-sessies gewen om met ‘n geskiedkudige voorsprong van 11,5 teenoor Amerika se 4,5 te open. Die voorsprong van sewe punte is die grootste ooit op die laaste dag van die enkelspelkompetisie in die moderne formaat. Rory McIlroy, Tommy […]
# Rugby: Die Bulle en Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-veldtogte met tuisoorwinnings geopen, maar die Leeus en die Haaie was nie so gelukkig nie. Gister het die Bulle sterk in die tweede helfte teruggekom om die Ospreys met 53-40 op Loftus Versfeld te verslaan. Vrydagaand het die Stormers Leinster met 35-0 op die Kaapstad-stadion oorrompel. […]
# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse padwedloop-ster Glenrose Xaba het haar goeie vertoning voortgesit deur haar derde 10 km Grand Prix-uitdaging vir vroue in die Gqeberha-wedloop te wen. Sy sal na die laaste byeenkoms by Mark’s Park in Johannesburg op Sondag 7 Oktober waarskynlik as die eerste Suid-Afrikaanse atleet gekroon word om die reeks drie keer te […]
# Minstens 100 mense is waarskynlik dood na die ineenstorting van ‘n goudmyngroef in Nigerië se Zamfara-staat. Die groef by die Kadauri-mynterrein in die Maru-plaaslike regeringsgebied het Donderdag ingestort terwyl tientalle mynwerkers ondergronds gewerk het. Reddingsoperasies is tot die naweek uitgevoer. Sanusi Auwal, ‘n inwoner wat by reddingspogings betrokke was, sê ten minste 13 lyke […]
# Katie Boulter en Cameron Norrie van Brittanje het albei skoonstel-nederlae by die Chinese Ope gely. Die Britse nommer twee, Boulter, het die spit lelik afgebyt teen die Wimbledon en Amerikaanse Ope-finalis, Amanda Anisimova, nadat sy haar Amerikaanse landgenoot Hailey Baptiste in die eerste ronde geklop het. In die mansloting is Norrie ook uit nadat […]
# Duik: Die Russiese vryduiker Alexey Molchanov het 126 meter met ‘n enkele asemteug geduik om ‘n nuwe wêreldrekord op te stel by die AIDA-vryduikwêreldkampioenskap in Limassol, Ciprus. Hy het diep in die Middellandse See afgeduik met niks anders as ‘n koplig, twee vinne en ‘n tou as ‘n gids nie. Dit word beskou as […]
# Gholf: Span Europa het ‘n sterk voorsprong van 5,5 tot 2,5 oor die Verenigde State behaal op die eerste dag van die Ryderbeker op die Bethpage Black-baan in New York. Die besoekers het die oggend se vierbalstryd oorheers met ‘n voorsprong van 3-1, gekenmerk deur indrukwekkende oorwinnings van Jon Rahm en Tyrrell Hatton, Ludvig […]