The headlines of the leading newspapers on 29 September 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the leadership of the ANC and the Patriotic Alliance will meet tomorrow on the reappointment of PA deputy president Kenny Kunene as a mayoral committee member for Transport in Johannesburg. The PA has threatened to withdraw from the GNU. # […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 September 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die leierskap van die ANC en die Patriotic Alliance sal môre vergader oor die heraanstelling van die PA se adjunkpresident Kenny Kunene as ‘n burgemeesterskomiteelid vir Vervoer in Johannesburg. Die PA het gedreig om uit die RNE te onttrek. […]
# Die Oos-Londense landdroshof lewer na verwagting vandag uitspraak in die saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy lyfwag en medebeskuldigde, Adriaan Snyman. Hulle is onder meer beskuldig dat hulle die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het. Malema word beskuldig dat hy in 2018 in Mdantsane ʼn vuurwapen onwettig afgevuur het tydens die party se vyfde […]
# Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, getuig vandag voor die Madlanga-kommissie. As sameroeper van die KwaZulu-Natalse taakspan oor politieke moorde, sal Khumalo se getuienis na verwagting lig werp op bedryfs- en administratiewe kwessies binne die polisie. Hy is tans uit op borgtog nadat hy in Julie gearresteer is in verband met beweerde onwettige aanstellings […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner, Jacques Kruyswijk, het die vierde Sonskyntoer-sege van sy loopbaan behaal by die Origins of Golf by die Devonvale Gholf- en Wynlandgoed in Stellenbosch. Die 32-jarige speler het regulasiespel voltooi en was gelykop met George Coetzee op tien onder baansyfer in ronde 73 en 71, onderskeidelik. Kruyswijk het die tweede putjie van […]
# Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Rusland se lugaanval as ʼn veragtelike, barbaarse aanval beskryf. Moskou het die naweek 600 hommeltuie en missiele op teikens in Kiëf afgevuur. Minstens vier mense is dood en sowat 70 is beseer. Dit was volgens die Oekraïnse lugmag die derde grootste aanval sedert die begin van die […]
# President Cyril Ramaphosa het na wat berig word ingegryp om die herstel van die Patriotic Alliance se Kenny Kunene as Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir Vervoer te verseker. Kunene is Vrydag weer as raadslid ingehuldig nadat hy vrywillig as ‘n burgemeesterskomiteelid bedank het nadat hy betrek is by die moordbeskuldigde Katiso “KT” Molefe. Volgens TimesLIVE […]
# Motorsport: Die Spaanse Ducati-renjaer Marc Márquez het sy sewende MotoGP-wêreldkampioenskap by die Japannese Grand Prix verseker, sy eerste sedert 2019. Die 32-jarige het in Motegi tweede agter sy spanmaat, Francesco Bagnaia, geëindig om die titel te beklink. Honda se Joan Mir was in die derde plek. Brad Binder van Suid-Afrika was 12de. Márquez, wat […]
# Tennis: Carlos Alcaraz sê hy het die “beste fisioterapeut ter wêreld” nadat hy ondanks ‘n enkelbesering daarin kon slaag om Zizou Bergs van België in die tweede ronde van die Japan Ope te klop. Die wêreld se nommer een sê hy was “bang” nadat hy Donderdag skeef geland het tydens sy eerste ronde oorwinning […]