# Minstens 46 mense, insluitend ses bemanningslede van ʼn militêre Huey-helikopter, is dood nadat die tifoon Kalmaegi swaar reën en oorstromings in sentraal-Filippyne veroorsaak het. Die meeste sterftes, hoofsaaklik weens verdrinking, was op die digbevolkte eiland, Cebu. Duisende mense moes uit hul huise vlug. Die tifoon het verswak nadat dit gister land bereik het, maar […]
# Nog drie verdagtes, tussen 17 en 20 jaar oud, is vasgetrek in verband met die dubbele moord in Westbury, Gauteng, wat die getal arrestasies op vyf te staan bring. Dit volg nadat ʼn groep tieners verlede maand geskiet is. Twee is dood en talle ander is gewond. Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die drie is […]
# Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, sê Vusimuzi ‘Cat’ Matlala se tender van ʼn multi-miljoen-rand was die enigste kontrak waaroor die minister van Polisie, Senzo Mchunu, verlede jaar na sy aanstelling bekommerd was. Matlala se maatskappy, Medicare 24 Tshwane-distrik, het in Junie verlede jaar ʼn tender van 360-miljoen-rand gekry om gesondheidsdienste aan die polisie […]
# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika beskuldig die regering dat hy vyf-miljoen mense wat in plakkerskampe woon, in die steek laat. Baie van hulle woon op grond wat gereeld oorstroom word. Die organisasie ondersoek in sy jongste verslag, Flooded and Forgotten: Informal Settlements and the Right to Housing in South Africa, die voorkoms en uitwerking van oorstromings […]
# Oudpresident George W. Bush van Amerika het hulde gebring aan die voormalige visepresident Dick Cheney. Die 84-jarige, wat onder Bush gedien het, is oorlede weens komplikasies van longontsteking en hart- en vaskulêre siektes. Cheney was ‘n sentrale figuur in die 2003-inval in Irak deur die VSA en geallieerde magte. Bush sê die geskiedenis sal […]
# Krieket: Pakistan het Suid-Afrika se mans in Faisalabiad met twee paaltjies verslaan in die eerste eendagwedstryd. Quinton de Kock het die meeste lopies aangeteken met 63 van 71 balle, terwyl die nuweling Lhuan-dré Pretorius 57 lopies aangeteken het. Die Proteas is in hulle laaste boulbeurt vir 263 uitgeboul. Naseem Shah en Abrar Ahmed het […]
# Tennis: Elena Rybakina van Kazakhstan het vir die eerste keer na die halfeindronde van die WTA-eindtoernooi in Riyadh deurgedring. Sy het die tweede gekeurde Iga Swiatek van Pole afgeransel vir ‘n voorsprong van 2-0 op die toernooi wat die jaar afsluit. Rybakina se plek onder die laaste vier is bevestig met die Amerikaner Amanda […]
# Die ANC sê hy is verstom oor berigte dat president Cyril Ramaphosa wil bedank. Berigte doen die afgelope maande die rondte dat hy die einde van die maand ná die G20-beraad in Johannesburg gaan uittree. Daar word bespiegel dat die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, as president sal waarneem. Die ANC-woordvoerder, […]
# ʼn Man wat gister ure lank onder ʼn ineengestorte Middeleeuse toring in Rome vasgekeer was, is dood. Die Roemeense burger, Octay Stroici, wat byna 12 ure lank onder puin vasgekeer was nadat ʼn deel van die 13de eeuse Torre dei Conti naby die Kolosseum ingestort het, is in die hospitaal dood. Volgens nooddienste is […]