# Die wêreldbekende primaatkenner en bewaringskundige, Jane Goodall, is op 91-jarige leeftyd dood. Sy is in Kalifornië aan natuurlike oorsake dood tydens ʼn toer in Amerika. Sy word beskou as die voorste kenner van sjimpansees. Tydens haar loopbaan van meer as 60 jaar het sy nie net grense vir vroue uitgebrei nie, maar ook die […]
# Die Deense eerste minister, Mette Frederiksen, sê Europa is in die gevaarlikste situasie sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit volg ná ʼn reeks vermeende Russiese skendings van die Europese Unie se lugruim die afgelope weke, wat Denemarke, Pole en Estland insluit. Moskou het dit ontken. Frederiksen waarsku Europese lande om verder as […]
# Die ekonoom Frederick Mitchell sê om betekenisvolle ekonomiese vordering te ondersteun, moet Suid-Afrika sy plaaslike ekonomiese beleid en sy internasionale houding verander. Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal vanjaar slegs 0,8-persent gegroei. Mitchell sê om Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal te ontsluit, vereis ʼn ondubbelsinnige ekonomiese bloudruk. Hy sê die bloudruk moet onder […]
# Die Suid-Afrikaanse Brouerye sê hy is vol vertroue dat sy herstruktureringsproses in wese en wat prosedure betref, regverdig is. Dit volg nadat die Arbeidshof in Johannesburg ʼn dringende aansoek van die Food and Allied Workers’ Union vir ʼn interdik teen afleggings by die SAB, van die hand gewys het. Die maatskappy besnoei 233 werkers […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê as die brug tussen burger en staat, is die uitdaging vir parlemente wêreldwyd om hoop in doelgerigtheid en belofte in aksie te verander. Sy het die geleentheidsrede gelewer by die G20 Parlementêre Speakers-beraad wat in Kaapstad gehou is. Kubayi sê wêreldwye solidariteit is ver […]
# Franse owerhede het met ‘n ondersoek begin na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Hy is gister dood aangetref buite die Hyatt Hotel nadat hy Maandag as vermis aangemeld is. Parys se aanklaer, Laure Beccuau, sê Mthethwa se kamervenster op die 22ste vloer is oopgedwing met ʼn skêr wat op […]
# Die Britse premier Keir Starmer waarsku dat die volgende vier jaar ‘n stryd om die siel van die land teen die verregse Reform UK-party sal wees. Volgens Ipsos, ‘n toonaangewende meningspeiler, sê slegs 13-persent van kiesers dat hulle tevrede is met Starmer sedert hy 15 maande gelede in die amp ingesweer is, terwyl 79 […]
# Sokker: Kylian Mbappé het ʼn driekuns behaal en sy 60ste Kampioeneligadoel aangeteken om by te dra tot Real Madrid se 5-1 sege teen Kairat Almaty in Kasakstan. In Turkye het Victor Osimhen die wenpunt met ʼn strafdoel bygedra en Galatasaray verslaan Liverpool 1-0. Atlético Madrid en Bayern Munich het albei vyf doele behaal teen […]
# City Power het ʼn dringende hofinterdik teen die Valke aangevra ná ʼn deursoek-en-beslagleggingsoperasie verlede week by sy kantoor. Die Valke het ʼn lasbrief gehad om die instelling se kantoor in Booysens te deursoek as deel van ʼn voortgesette ondersoek na ʼn tender van 64-miljoen-rand. Die kontrakte was vir die verskaffing van elektriese transformators in […]