# Rugby: Die Springbok-senter Damian de Allende verwag ʼn taai en fisiese stryd teen Argentinië wanneer die Rugbykampioenskap Saterdag op Twickenham afgesluit word. Suid-Afrika het verlede naweek in Durban ʼn skitterende oorwinning van 67-30 oor die Pumas behaal. Die Bokke is boaan die Kampioenskaps-punteleer. Hulle het een punt meer as Nieu-Seeland wat vroeër Saterdag in […]
# Die veroordeelde Australiese moordenaar Erin Patterson gaan appelleer teen haar skuldigbevinding aan moord op drie mense met giftige sampioene. Die 51-jarige is verlede maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis met ‘n verbod op parool vir 33 jaar. ‘n Jurie het haar skuldig bevind aan die moord op drie familielede en poging tot moord op ‘n […]
# Sokker: Die verdedigende kampioen, Paris Saint-Germain, het ‘n agterstand ingehaal en Barcelona 2-1 verslaan in die tweede ronde van die Kampioeneliga. Ferran Torres het Barcelona laat voorloop, maar Senny Mayulu het die telling voor rustyd gelykop gemaak voor die plaasvervanger Goncalo Ramos teen die einde die wendoel aangeteken het. Manchester City en Monaco het met […]
# Die Withuis sê regeringsagentskappe maak gereed vir besnoeiings en afleggings wat sal plaasvind indien die afsluiting voortduur. Die regeringsluiting het gister begin nadat Republikeine en Demokrate in die Kongres nie kon saamstem oor ʼn nuwe bestedingsplan nie. Demokrate wil waarborge hê oor gesondheidsorgbefondsing terwyl Republikeine ʼn tussentydse maatreël wil gebruik om die regering tot […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering fokus op die verlaging van elektrisiteitskoste omdat hoë koste op huishoudelike inkomste invreet. Die koste van elektrisiteit het van 2007 tot 2024 met 937-persent gestyg. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het onlangs in die spervuur beland met die bekentenis van ‘n fout van […]
The headlines of the leading newspapers on 02 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports Eskom wants to improve its investment status after the government kept the state-owned enterprise running for more than a decade. Eskom is looking for billions of rand investments over the next five years for the maintenance and expansion of its […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 02 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Eskom wil sy beleggingstatus verbeter nadat die regering die staatsonderneming vir meer as ‘n dekade aan die gang gehou het. Eskom is op soek na beleggings van miljarde-rand oor die volgende vyf jaar vir die instandhouding en uitbreiding van […]
# Krieket: Australië het die verdediging van hul Vroue-wêreldbekertitel teen Nieu-Seeland met ʼn oortuigende sege van 89 lopies afgeskop op die Holkar-stadion in Indore. Die veelsydige Ashleigh Gardner het 115 van 83 balle aangeteken wat haar tweede eendagwedstryd-honderdtal is, en bygedra tot Australië se telling van 326. In antwoord daarop was kaptein Sophie Devine se […]
# Die Israelse weermag het sowat 20 skepe wat deel is van die Global Sumud Flotilla op pad na Gaza onderskep. Aktiviste aan boord, insluitend die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg, Nelson Mandela se kleinseun Mandla Mandela, en die aktrise Susan Sarandon, is aangehou. Israel se ministerie van Buitelandse Sake sê die vloot het die vaartuie […]