# Die Parlement se ad hoc-komitee wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, sal vandag met sy verhore begin. Mkhwanazi, wat die eerste getuie sal wees, het korrupsie, politieke inmenging en misdadige infiltrasie van die regstelsel beweer. Die Parlement het advokaat Norman Arendse as sy getuienisleier aangestel. Die voorsitter van die komitee, […]
# Rugby: Dertien Springbok-spelers, insluitend Handrè Pollard, Wilco Louw en Canan Moodie, is ingesluit in die Bulle se 31-man-toergroep vir die Verenigde Rugby Kampioenskapwedstryde teen Ulster, Connacht en Glasgow Warriors. Pollard is op die punt om sy tweede Bulle-debuut te maak na hy weer by van Leicester Tigers by die Bulle aangesluit het. Kaptein Marcell […]
# Die Amerikaanse Hooggeregshof het geweier om ‘n appèl van Jeffrey Epstein se medewerker, Ghislaine Maxwell, teen haar skuldigbevinding aan sekshandel aan te hoor. Sy is in 2022 tot 20 jaar in ‘n federale tronk gevonnis vir die uitvoering van ‘n jare lange skema met Epstein om minderjarige meisies voor te berei en seksueel te […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het kommer uitgespreek oor die vertragings in toelaagbetalings aan Onderwysassistente wat deur die Basiese Onderwys-indiensnemingsinisiatief in diens geneem is. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het minister Gwarube se departement blameer vir die vertraagde betalings vir September en gesê nie al die vereiste dokumente, insluitend bywoningsregisters, is […]
# Die DA in Gauteng is bekommerd dat die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg steeds nie ten volle voldoen aan brandvoorkomingsmaatreëls nie. ‘n Brand het gistermiddag in saal 196 op die negende vloer uitgebreek, maar geen sterftes of beserings is aangemeld nie. Die brand is na wat berig word deur ‘n ontevrede pasiënt begin wat ‘n […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat die groep Suid-Afrikaners, wat deel was van die Global Sumud-flottielje en daarna deur Israelse owerhede aangehou is, vandag vrygelaat sal word. Die groep, insluitend Mandla Mandela en skrywer en kulturele aktivis Zukiswa Wanner, is verlede week aangehou terwyl hulle probeer het om humanitêre hulp […]
# Krieket: Suid-Afrika het Nieu-Seeland in Indore, Indië, met ses paaltjies verslaan vir hul eerste oorwinning op die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Nonkululeko Mlaba het vier paaltjies geneem toe die Proteas die Wit Varings vir 231 uitgeboul het. Tazmin Brits het daarna 101 bygedra en die eerste vrou geword om vyf eendaghonderdtalle binne ‘n jaar aan […]
# Taylor Swift se vrystelling, The Official Release Party of a Showgirl, was die naweek boaan die wêreldloket-trefferlys. Die prent van 89-minute bied aanhangers agter-die-skerms-beeldmateriaal van Swift se 12de ateljee-album, The Life of a Showgirl. Paul Thomas Anderson se bekroonde One Battle After Another, met Leonardo DiCaprio in die hoofrol, het na die tweede plek […]
# Motorsport: Die nuut-gekroonde MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het vermoedelik ‘n sleutelbeen gebreek in ‘n botsing in gister se Indonesiese Grand Prix. Marco Bezzecchi van Aprilia het probeer om Marquez aan sy binnekant verby te steek, maar het met die Ducati-jaer se agterwiel kontak gemaak en albei het geval. Die nuweling Fermin Aldeguer het toe die […]