# Die stigter en hoofontwerper van die gewilde luukse Xhosa-breiwerkhandelsmerk MaXhosa Africa, Laduma Ngxokolo, het oor die naweek sy Lente/Somer 2026-versameling by die Paryse Modeweek aangebied. Die versameling van 30 helderkleurige uitrustings is getiteld Izipho Zabadala, wat “Geskenke vir die Voorouers” beteken. Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama en sangeres Beyoncé is van die bekende […]
# Vir die eerste keer ooit het hernubare energiebronne wêreldwyd meer krag in die eerste helfte van die jaar opgewek as steenkool. Volgens nuwe data van die wêrelddinkskrum Ember, het die wêreld byna ‘n derde meer sonkrag in die eerste helfte van die jaar opgewek vergeleke met dieselfde tydperk in 2024, wat in 83-persent van […]
# Sokker: Kaizer Chiefs se middelveldspeler Mduduzi Shabalala is opgeroep om die beseerde Relebohile Mofokeng in die Bafana Bafana-groep te vervang. Dit is voor hul twee belangrike Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryde teen Zimbabwe en Rwanda. Die Orlando Pirates-voorspeler Mofokeng het Saterdag ‘n kniebesering opgedoen in die oorwinning oor Siwelele FC. Bafana Bafana is saam met Benin gelykop […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die ANC beding vir voorkeur-elektrisiteitstariewe, uitvoerbeheer en infrastruktuurbelegging in Suid-Afrika se chroom- en mangaanbedrywe, in ‘n poging om te keer dat aanlegte sluit. Die koerant skryf die voorstelle, uiteengesit in die ANC se 10-punt ekonomiese aksieplan, is daarop gemik […]
The headlines of the leading newspapers on 07 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the ANC is negotiating preferential electricity tariffs, export controls and infrastructure investment in South Africa’s chrome and manganese industries, in an attempt to prevent plant closures. The paper writes the proposals, set out in the ANC’s 10-point economic action plan, […]
# Die Demokratiese leier van die Senaat, Chuck Schumer, het president Donald Trump se bewering verwerp dat onderhandelinge met sy party aan die gang is. Twee voorstelle om die regering te befonds, een van die Demokrate en een van die Republikeine, het albei Maandagaand in die Senaat misluk. Dit beteken die regering se afsluiting duur […]
# Die DA sê die ANC se Ekonomiese Aksieplan moet die mislukte swartbemagtigingsbeleid laat vaar en toesien dat die nuwe plan werk. Die nuwe tienpuntplan om die ekonomie te laat herleef, sluit in die uitbreiding van elektrisiteitsinfrastruktuur, die herstel van die chroom- en mangaanbedrywe, die bevordering van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die uitbreiding van openbare […]
# Die sameroeper van die Veelpartyhandves, professor William Gumede, glo Suid-Afrika se politieke fragmentasie het ‘n uitdaging en ‘n geleentheid vir sentristiese partye geskep. Build One South Africa, die GOOD-party, en RISE Mzansi het kragte saamgesnoer om Unite for Change te stig, voor die 2026 plaaslikeregeringsverkiesing. Gumede sê dit is belangrik om ‘n politieke middelpunt […]
# Vandag is die tweede herdenking van die dodelike Hamas-geleide aanval op die suide van Israel op 7 Oktober 2023. Een-duisend-200 mense is in die aanval dood, en nog 251 is gyselaar geneem. Die Israelse weermag het in reaksie ‘n inval in Gaza in van stapel gestuur. Sedertdien is 67-duisend-160 Palestyne dood en ongeveer 170-duisend […]