# Zohran Mamdani wat homself as ʼn demokratiese sosialis beskryf, sal na verwagting New York Stad se nuwe burgemeester wees. Die 34-jarige se teenstanders is oudgoewerneur Andrew Cuomo wat as onafhanklike staan, en die Republikeinse kandidaat, Curtis Sliwa. As hy wen, sal Mamdani geskiedenis maak as New York se eerste Moslem-burgemeester, die eerste Suid-Asiaat om […]
# Sokker: Bayern Munich is boaan die Kampioene-liga se punteleer nadat hy die verdedigende kampioene, Paris St-Germain, met 2-1 verslaan het en nou spog met vier oorwinnings in vier wedstryde. Arsenal is ook onoorwonne in die liga-stadium van die kompetisie na hul 3-0 sege teen Slavia Prague. Alexis Mac Allister se doel het aan Liverpool […]
# Die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging sê hy gaan die KVBA nader vir ʼn sertifikaat om by FlySafair te staak. Dit volg nadat die lugredery besluit het om bemanningslede uit te sluit oor ʼn salarisgeskil. Die vereniging sê hy was gewillig om die voorgestelde vierjaar-ooreenkoms, wat ʼn salarisverhoging van 5,7-persent insluit, te aanvaar. Hy sê die werkgewer […]
# Minstens drie bemanningslede is dood nadat ʼn UPS-vragvliegtuig wat vliegtuie vervoer, kort na opstyging naby die Louisville internasionale lughawe in Kentucky neergestort het. Elf mense is beseer. Amptenare sê die vliegtuig wat op pad was na Hawaii, het in ʼn gebied geval waar onder meer ʼn petroleum-herwinning-onderneming is. Dit het die gevolge vererger. Kentucky […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, is steeds op koers vir ‘n plek in die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad. Sy het die Amerikaner Jessica Pegula in drie stelle verslaan, maar moes in skoon stelle wen om uit die Steffi Graf-groep te kwalifiseer. Die verdedigende kampioen, Coco Gauff van Amerika, kan nog […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor berigte van ʼn persoon genaamd “Godfrey”, wat glo omkoopgeld van ouers vra in ruil vir plasings by staatskole in die 2026 akademiese jaar. Die aansoekperiode vir plasings het op 16 Oktober begin toe die departement begin het om in ʼn geleidelike proses aanbiedinge aan ouers en voogde […]
# Die Nasionale Vergadering het die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die Wetsontwerp op Eenstop-grensposte aanvaar. Die wetsontwerp stel ʼn regsraamwerk voor om gedeelde grensposte tussen Suid-Afrika en sy buurlande te skep. Die komiteevoorsitter, Mosa Chabane, sê sodra die wetsontwerp bekragtig is, sal dit na verwagting intra-Afrikahandel en -belegging bevorder met groter doeltreffendheid […]
The headlines of the leading newspapers on 05 November 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the Treasury has withdrawn the proposal to tax foreign retirement income. The paper writes the proposal risks discouraging skilled foreign citizens and investors from retiring in South Africa. # And the Netwerk24 website: Firstly, reports on the hero’s welcome for […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 November 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Tesourie het die voorstel teruggetrek om buitelandse aftree-inkomste te belas. Die koerant skryf die voorstel veroorsaak die risiko om geskoolde buitelandse burgers en beleggers te ontmoedig om in Suid-Afrika af te tree. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens […]