# Sokker: Mamelodi Sundowns se voorspeler Iqraam Rayners is uit Bafana Bafana se deurslaggewende 2026 Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryde teen Zimbabwe en Rwanda. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê Rayners is weens mediese redes aan die groep onttrek. Evidence Makgopa is as sy plaasvervanger opgeroep. Rayners se onttrekking volg op dié van Orlando Pirates se voorspeler Relebohile Mofokeng weens […]
# Die DA sê die wanbestuur van die Parlementêre Ad Hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, ondermyn nie net sy mandaat nie, maar ook die openbare vertroue in die Parlement as ‘n instelling. Die komitee het gister met sy werk begin, maar is belemmer deur vertragings en administratiewe verwarring. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sal vandag sy […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy is optimisties oor die vordering wat gemaak is met ‘n vredesooreenkoms in Gaza. Onderhandelinge om ‘n ooreenkoms gebaseer op Trump se wapenstilstandsplan in Gaza te finaliseer, duur voort in Egipte. Die Amerikaanse spesiale gesant Steve Witkoff en senior adviseur Jared Kushner sal na verwagting vandag by die […]
# Rugby: Nasionale rugbyunies van Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Engeland, Ierland, Frankryk, Skotland, Italië en Australië het gewaarsku dat enige spelers wat by die wegbreek-R360-kompetisie aansluit, verbied sal word om vir hul lande te speel. R360 beplan om ‘n verkorte kompetisie in Oktober 2026 te loods, met spelers wat na bewering winsgewende kontrakte aangebied word om die […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle het ‘n mosie ontvang van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, dat hy van voorneme is om teen die Alexandra-landdroshof se borgtogweiering verlede maand, te appelleer. Hy en nog vier word daarvan beskuldig dat hulle die mislukte sluipmoord op Matlala se voormalige vennoot, die sosiale vlinder, Tebogo Thobejane, in […]
# Kaapstad is een van TimeOut se 20 beste plekke om tussen Oktober en Februarie te besoek. Dit is omdat lande in die Noordelike Halfrond in dié tyd kouer weer ervaar. Sharm-el-Sjeik in Egipte, bekend vir sy turkoois water en wolklose blou hemel feitlik heeljaar, is boaan die lys. Namibië is tweede, gevolg deur Ciprus, […]
# Business Leadership SA sê die regering moet deur BRICS en die Afrika-vasteland vryhandelsooreenkoms met mening alternatiewe handelsvennootskappe vind en bou. Dit volg op die verstryking van die Amerikaanse voorkeurhandelsraamwerk, Agoa, op 30 September. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy vertrou ‘n hernuwing is op hande. Suid-Afrika was verantwoordelik vir […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ‘n permanente wapenstilstand in Gaza en ‘n geloofwaardige politieke proses is noodsaaklik om verdere bloedvergieting te voorkom en die weg vir vrede te baan. Vandag is die tweede herdenking van die Hamas-geleide terreuraanvalle op die suide van Israel, wat een-duisend-200 mense dood gelaat het, terwyl 251 […]
# Benoemings is nou oop vir die 2025 Legends-toekennings, met die sluitingsdatum volgende Woensdag. Die toekennings vereer Suid-Afrika se grootste lewende legendes wie se werk, kreatiwiteit en impak steeds die land se erfenis vorm. Daar is tien kategorieë, insluitend lewenslange prestasie, the People’s Choice, sport, musiek, letterkunde en storievertelling, en humanitêre en sosiale impak. Vanjaar […]