# Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging sê die uitbreiding van windenergie lê nie net in tegnologie of die aptyt van beleggers nie, maar ook in die kapasiteit van die nasionale transmissienetwerk as die ruggraat van die land se kragstelsel. Privaatsektorbeleggings in hernubare energieprojekte sal na verwagting teen 2030 132-miljard-rand in Suid-Afrika bereik. Dié toename sal ses gigawatt […]
# Krieket: Engeland het haar tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur Bangladesh in ‘n taai stryd in Guwahati met vier paaltjies te klop. Engeland is nou bo-aan die punteleer. Sophia Ecclestone het drie paaltjies platgetrek en Bangladesh is vir 178 uitgeboul. Heather Knight het daarna ‘n onoorwonne 79 aangeteken en hulle het […]
# Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het sy kommer uitgespreek oor die Mededingingskommissie se formele markondersoek na Suid-Afrika se grootste pluimveeprodusente. Die kommissie het Astral, Rainbow Chicken, Country Bird en Sovereign as die land se vier grootste hoenderprodusente aangedui. Dié vier lewer byna 63-persent van Suid-Afrika se hoenderprodukte. Die vereniging sê die kommissie se kommer dat groot […]
# Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe in Senegal, Afrika en […]
# Transnet sê sy strategie van herbelegging met die oog op groei, tesame met volgehoue ondersteuning soos goedgekeurde regeringswaarborge van 51-miljard- en 94,8-miljard-rand, plaas die maatskappy op ‘n stabiele weg na langtermyn winsgewendheid. Dié staatsentiteit se inkomste het in die finansiële jaar tot 31 Maart 2025 met 7,8-persent gestyg tot 82,7-miljard-rand, teenoor 76,7-miljard-rand verlede jaar. […]
The headlines of the leading newspapers on 08 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports the standing committee on Public Accounts, or Scopa, yesterday began an oversight investigation into the Road Accident Fund. The move begins a concentrated investigation into allegations of impropriety that will force the fund, which is under financial pressure, to turn […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die staande komitee oor Openbare Rekeninge of Skoor het gister begin met ‘n toesighoudende ondersoek na die Padongelukfonds. Die stap is die begin van ‘n gekonsentreerde ondersoek na bewerings van wanbestuur wat die fonds weens finansiële druk gaan noop […]
# Die Kanadese premier, Mark Carney, sê hy is optimisties oor die vooruitsigte om uiteindelik ‘n handelsooreenkoms met die VSA te bereik. Hy het Dinsdag die Withuis besoek. Die Amerikaanse president Donald Trump het in Julie ‘n heffing van 35-persent op Kanadese invoere ingestel, maar het vrystellings toegelaat vir goedere wat onder die handelsooreenkoms tussen […]
# AfriForum het ‘n dringende aansoek by die hof ingedien om te verhoed dat die Stad Tshwane voortgaan met die heffing van die omstrede skoonmaaktarief op inwoners. Die Hooggeregshof in Pretoria het in Junie die heffing onwettig verklaar, en die metro se aansoek om verlof tot appèl is ook van die hand gewys. Tshwane het […]