# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ‘n dringende interdik deur CODETA teen die sluiting van sekere taxiroetes en -staanplekke in die provinsie van die hand gewys. ‘n 30-dae lange sluiting van taxiroetes tussen Mfuleni, Khayelitsha en Somerset-Wes is van 17 September afgedwing na taxi-verwante skietvoorvalle. Die LUR vir Provinsiale Mobiliteit, Isaac Sileku, sê die hof het […]
# Krieket: Suid-Afrika het haar tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur die medegasvrou, Indië, met drie paaltjies te verslaan in Visakhapatnam. Richa Ghosh het 94 van 77 balle aangeteken en Indië is uitgeboul vir 251. Chloé Tryon het drie paaltjies geneem. Die Proteas het op 142 vir ses gewankel toe kaptein Laura […]
# Die DA sê die onmiddellike staking van alle bedrywighede by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap is kommerwekkend. Dit volg op gewelddadige betogings by die Alice-kampus, wat daartoe gelei het dat verskeie geboue aan die brand gesteek is. Studente betoog sedert Maandag en eis dat die VSR-verkiesings in die maand gehou word, […]
# Die Parlementêre ad hoc-komitee hoor vandag getuienis van ‘n nuwe getuie, die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, aan. Die komitee ondersoek aantygings van die kommissaris van Polisie van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, wat Woensdag getuig het. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie, het Masemola die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, beskuldig van oortreding van artikel […]
# Krieket: Beth Mooney se honderdtal het Australië gered nadat die top-orde in duie gestort het, en hulle het Pakistan met 107 lopies verslaan op die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Die verdedigende kampioen het gewankel op 76 vir sewe, maar Mooney het 109 aangeteken en die hoogste vennootskap om die negende paaltjie ooit in vroue-eendagkrieket met […]
# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die ooreenkoms van die eerste fase van die Gaza-20-punt-vredesplan as ‘n diplomatieke sukses en ‘n nasionale en morele oorwinning vir Israel beskryf. Die ooreenkoms sluit ‘n Israelse onttrekking uit die Gazastrook en ‘n gyselaars-gevangene-uitruiling in. Netanyahu sê dat hulle deur standvastige vasberadenheid, kragtige militêre optrede en die pogings […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die versoek van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, vir ‘n ondersoek van die nuusmedia in die land veroordeel. Mkhwanazi het voor die Parlement se ad hoc-komitee getuig en gevra dat joernaliste deur die Staatsveiligheidsagentskap ondersoek word, hul werk verloor en tronkstraf in die gesig staar vir beweerde waninligting. Sanef […]
The headlines of the leading newspapers on 09 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports KwaZulu-Natal police commissioner, lieutenant general Nhlanhla Mkhwanazi, accused DA MP Dianne Kohler Barnard at the ad hoc committee of compromising a secret counter-intelligence operation. He also called for journalists to be sent to prison for reporting on classified intelligence matters. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 09 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, het voor die ad hoc-komitee die DA-LP Dianne Kohler Barnard beskuldig dat sy ‘n geheime teenintelligensie-operasie in die gedrang gebring het. Hy het ook versoek dat joernaliste tronk toe gestuur word vir die […]