# Die Egiptiese president Abdel Fattah el-Sisi het die skietstilstandsooreenkoms tussen Israel en Hamas bestempel as ‘n ongekende prestasie. Meer as 20 wêreldleiers het gister in Egipte bymekaargekom vir ‘n vredesberaad. Al 20 lewende gyselaars wat deur Hamas in Gaza aangehou word, is vrygelaat na meer as twee jaar in gevangenskap. In ruil het Israel […]
# Twee-en-veertig mense, waaronder sewe kinders, is gister dood toe ‘n passasiersbus buite Louis Trichardt in Limpopo omgeslaan het. Volgens voorlopige berigte het die bus passasiers uit die Oos-Kaap vervoer op pad na hul tuistes in Zimbabwe en Malawi. Die bus het blykbaar in ʼn styl bergpas van die pad geloop en teen ʼn wal […]
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het 34 spelers gekies vir hulle jaareind-toer na Japan en Europa. Die groep sluit die nuwelinge Aidan Ross en Kalani Thomas in, terwyl Dylan Pietsch en Andrew Kellaway na beserings terugkeer. Die losskakel Carter Gordon is ook gekies nadat hy ‘n vrystelling van sy Nasionale Rugbyliga-kontrak verkry […]
# Die Israelse Weermag het bevestig dat die vrylating van lewende Israelse gyselaars uit Gaza begin het. Hamas het tot dusver sewe gyselaars vrygelaat en na die Rooi Kruis oorgeplaas. Die ander 13 lewende gyselaars sal later uit verskillende gebiede van Gaza vrygelaat word. Byna twee-duisend Palestynse gevangenes en aangehoudenes in Israel sal ook vrygelaat […]
# Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê korrupsie is diepgewortel in instellings en politieke strukture in die land en is ‘n ernstige bedreiging vir nasionale veiligheid. Suid-Afrika is in die onderste 90 van die 180 lande wat vroeër vanjaar deur Transparency International se indeks volgens vlakke van openbare sektor korrupsie gerangskik is. Cachalia […]
# Die Presidensiële Klimaatskommissie sê klimaatgeregtigheid kan in die nabye toekoms bereik word. Ryk lande is verantwoordelik vir 37-persent van die wêreld se huidige vrystellings, al woon net 15-persent van die wêreldbevolking in hierdie lande. Afrika is die tuiste van 17-persent van die wêreldbevolking, maar stel minder as vier-persent kweekhuisgasse vry. Die kommissie se uitvoerende […]
# Die Internasionale Instituut vir Omgewing en Ontwikkeling sê lande word gedwing om meer geld te leen om skuld te dek van ʼn klimaatskrisis waartoe hulle min bygedra het. Nuwe navorsing toon die wêreld se armste en kwesbaarste lande wat klimaatsverandering betref, bestee meer geld om skuld te delg as wat hulle ontvang om klimaatsverandering […]
# President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vandag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van sekuriteit en bestendigheid in […]
# Padwedloop: Jacob Kiplimo van Uganda het die 47ste Chicago-marathon in ‘n tyd van 2-uur, 2-minute en 23-sekondes gewen. Kiplimo, wat Sondag slegs aan sy tweede marathon deelgeneem het, was tweede in Londen-marathon. Die Keniane Amos Kipruto en Alex Masai het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Hawi Feysa het intussen die eerste Ethiopiese wenner van […]