Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die geskorste nasionale adjunkkommissaris Shadrack Sibiya het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die taakspan oor politieke moorde is buite sy bevel gehou, die dossiere is gesentraliseer en operasionele besluite is buite formele polisiekanale geneem. Hy het ook […]
# Atletiek: Vyf mans- en vyf vroue-atlete is benoem vir die Wêreldatletiek-toekennings se baanatleet van die jaar. Drie Amerikaners, Noah Lyles, Rai Benjamin en Cordell Tinch, asook die Keniaan Emmanuel Wanyonyi, en Jimmy Gressier van Frankryk is die mans se kandidate. In die vrouekategorie is twee Keniane, Beatrice Chebet en Faith Kipyegon, twee Amerikaners, Melissa […]
# Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge hoor hierdie week getuienis aan oor die Padongelukkefonds se verkrygings- en finansiële bestuursprosesse. Drie persone sal vandag getuig. Die komitee het verlede week getuienis van die Spesiale Ondersoekeenheid aangehoor wat sistemiese skendings van vertrouenspligte, onregmatige verkrygings en finansiële wanbestuur insluit. Die Ondersoekeenheid het ook talle oortredings van […]
# Eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk kan ʼn rol speel om die Gaza-skietstilstand te monitor, maar ook om Hamas en sy wapens se vermoë buite aksie te stel. Die militante groep het voorheen geweier om sy wapens neer te lê tensy ʼn Palestynse staat gevestig word. Starmer sê dis belangrik dat daar […]
# President Donald Trump van Amerika en leiers in die Midde-Ooste het gister tydens ʼn beraad in Egipte ʼn ooreenkoms vir die Gaza-skietstilstand onderteken. As deel van die vredesooreenkoms se eerste fase, het Hamas al 20 lewende gyselaars vrygelaat, maar die liggame van slegs vier oorlede gyselaars. Israel het in ruil daarvoor byna twee-duisend Palestynse […]
# Die IVP vra ʼn omvattende ondersoek na die busongeluk waarin 42 mense, insluitend sewe kinders, Sondag op die N1 buite Louis Trichardt in Limpopo dood is. Meer as 30 ander is beseer. Die meeste passasiers was Zimbabwiese en Malawiese burgers wat van die Oos-Kaap op pad was na Harare. Die IVP sê wetstoepassingsowerhede moet […]
# Die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, het ten sterkste ontken dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geld skuld. Die agentskap het die naweek in ʼn ongekende stap ʼn nuuskonferensie gehou waar hy inligting bekendgemaak het oor Montana se belastinginligting en sy skuld van net meer as 55-miljoen-rand. Die Inkomstediens sê die […]
# Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj in Visakhapatnam met drie paaltjies verslaan vir hulle derde agtereenvolgende oorwinning in die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Shorna Akter se onoorwonne 51 het Bangladesj tot ‘n mededingende 232 vir ses gevoer. Die Proteas is eers beperk tot 78 vir vyf, maar Marizanne Kapp en Chloé Tryon het ‘n vennootskap van 85 […]
# Die Egiptiese president Abdel Fattah el-Sisi het die skietstilstandsooreenkoms tussen Israel en Hamas bestempel as ‘n ongekende prestasie. Meer as 20 wêreldleiers het gister in Egipte bymekaargekom vir ‘n vredesberaad. Al 20 lewende gyselaars wat deur Hamas in Gaza aangehou word, is vrygelaat na meer as twee jaar in gevangenskap. In ruil het Israel […]