# Die DA sê die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand se hoof, Lesiba Arnold Malotana, se skorsing met volle betaling is nie genoeg nie en hy moet onmiddellik afgedank word. Die Spesiale Ondersoekeenheid het twee kontrakte ondersoek waar hy na bewering omkoopgeld van meer as 10-miljoen-rand met twee ander amptenare gedeel het. Madeleine Hicklin […]
# Die hooflanddros van die Pretoriase Streekhof, Vusimuzi Mahlangu, wat die saak teen die hoof van die polisie se misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, aanhoor, het homself onttrek. Dit volg nadat hy gedagvaar is om voor die Madlanga-kommissie te getuig. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die kommissie gesê die borgtogvoorwaardes wat Mahlangu aan Khumalo en […]
# Die Internasionale Migrasie-organisasie eis ‘n beslissende verskuiwing in globale finansieringsprioriteite en waarsku dat toenemende rampe en klimaatsgevolge rekordvlakke van ontheemding veroorsaak. In 2024 alleen is byna 46-miljoen mense deur rampe ontwortel, die hoogste aantal ooit aangeteken. Volgens die organisasie het aardbewings, oorstromings, storms, droogtes en hittegolwe die afgelope twee dekades 95-persent van die direkte […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers is geestelik voorberei vir vanaand se moet-wen Wêreldbeker-Groep C-kwalifiseerder teen Rwanda in Mpumalanga. Suid-Afrika het Vrydag sonder doele gelykop gespeel teen Zimbabwe en moet Rwanda nou klop en hoop Nigerië verslaan Benin om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika. Broos […]
# President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die Nasionale Loterykommissie uitgebrei. Die omvang van die oorspronklike proklamasie is uitgebrei om bedrog en korrupsie in te sluit wat verkryging by die kommissie betref. Die gewysigde proklamasie voeg ook 21 nuwe kategorieë van verkryging en kontraktering by die ondersoek. Die eenheid se aanvanklike […]
The headlines of the leading newspapers on 14 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports suspended deputy national commissioner Shadrack Sibiya told Parliament’s ad hoc committee that the political murders task force was kept outside his command, the dossiers were centralised, and operational decisions were made outside formal police channels. He also testified that ministerial […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die geskorste nasionale adjunkkommissaris Shadrack Sibiya het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die taakspan oor politieke moorde is buite sy bevel gehou, die dossiere is gesentraliseer en operasionele besluite is buite formele polisiekanale geneem. Hy het ook […]
# Atletiek: Vyf mans- en vyf vroue-atlete is benoem vir die Wêreldatletiek-toekennings se baanatleet van die jaar. Drie Amerikaners, Noah Lyles, Rai Benjamin en Cordell Tinch, asook die Keniaan Emmanuel Wanyonyi, en Jimmy Gressier van Frankryk is die mans se kandidate. In die vrouekategorie is twee Keniane, Beatrice Chebet en Faith Kipyegon, twee Amerikaners, Melissa […]
# Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge hoor hierdie week getuienis aan oor die Padongelukkefonds se verkrygings- en finansiële bestuursprosesse. Drie persone sal vandag getuig. Die komitee het verlede week getuienis van die Spesiale Ondersoekeenheid aangehoor wat sistemiese skendings van vertrouenspligte, onregmatige verkrygings en finansiële wanbestuur insluit. Die Ondersoekeenheid het ook talle oortredings van […]