# Die MK-party se adjunkpresident en parlementêre leier, John Hlophe, is met onmiddellike ingang uit alle posisies in die party geskors terwyl ʼn volledige ondersoek na sy gedrag plaasvind. Hlophe se skorsing volg nadat hy veranderinge aangebring het aan die leierskap in die Parlement. Sy verwydering van Colleen Makhubele as hoofsweep is omgekeer en Des […]
# Polisie in die Brittanje soek na twee gevangenes wat per abuis uit HMP Wandsworth in Suid-Londen vrygelaat is. Die 35-jarige William Smith wat aan bedrog skuldig bevind is, is Maandag vrygelaat. ʼn Algerynse seksoortreder, die 24-jarige Brahim Kaddour-Cherif, is verlede week vrygelaat. Hy het Brittanje in 2019 op ʼn besoekersvisum binnegegaan, en in Februarie 2020 […]
# Vodacom het buite die hof geskik in die Please Call Me-saak met sy gewese werknemer, Nkosana Makate, en ʼn 17 jaar lange regstryd beëindig. Makate het aangedring op regverdige vergoeding vir die ontwerp van die Please Call Me-diens wat volgens hom neerkom op byna 10-miljard-rand. Vodacom het hom egter voorheen sowat 47-miljoen-rand aangebied. Die […]
# Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het nuwe inligting gepubliseer oor die Amerikaanse vlugtelingprogram se aansoekproses. Die program is gemik op Afrikaners of lede van ʼn rasse-minderheidsgroep in die land, wat slagoffers is van regeringsondersteunde, rasgebaseerde diskriminasie. Om vir die program te kwalifiseer, moet mense Suid-Afrikaans en ʼn Afrikaner wees, en kan wys dat hulle persoonlike […]
# Vier ANC-lede, insluitend die Wes-Kaapse sekretaris, Neville Delport, het by die DA aangesluit. Dit volg nadat die ANC se nasionale uitvoerende gesag verlede week die provinsie se verkose leierskap ontbind het. Ander lede wat by die DA aangesluit het, is die streek se uitvoerende lid, Jason Donn, en raadslede Daniel Baadjies van Bonnievale en […]
# President Donald Trump sê die regeringsafsluiting was ‘n groot negatiewe faktor vir die Republikeine in Dinsdag se verkiesingsuitslae. Die demokratiese sosialis Zohran Mamdani het die burgemeestersverkiesing in New York Stad gewen, terwyl die Demokrate Abigail Spanberger en Mikie Sherrill hul onderskeie goewerneursverkiesings in Virginia en New Jersey gewen het. Die verkiesing is gesien as […]
# Gholf: LIV Gholf vergroot sy toernooie van volgende jaar af van 54 na 72 putjies. Die kompetisies sal vier dae duur en toernooie sal Donderdae begin, wat die Saoedi-Arabies-gesteunde liga in ooreenstemming met PGA-toernooie bring. Die 72 putjies kan LIV se heraansoek moontlik maak dat sy toernooie tot wêreldranglys-punte mag bydra. LIV se uitvoerende hoof, […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê die provinsie is gereed om later die maand die G20-leiersberaad aan te bied in die Nasrec-uitstalsentrum in Johannesburg. Dit word bygewoon deur meer as 60 staatshoofde en staatsamptenare, insluitend Amerika se visepresident, JD Vance, die Chinese president, Xi Jinping, en leiers van internasionale organisasies. Lesufi sê die provinsie […]
# Die MK-party het die gewese minister van Finansies, Des van Rooyen, aangestel as sy nuwe hoofsweep in die Parlement. Hy neem oor by Colleen Makhubele, wat in Mei vanjaar in die posisie aangestel is. Die MK-party beskryf Van Rooyen as ‘n ervare kader van die bevrydingsbeweging met uitgebreide akademiese, politieke en regeringservaring. Die party […]