The headlines of the leading newspapers on 15 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports Moody’s expects South Africa’s real GDP growth to rise to around 1.6-percent next year. This is the most optimistic forecast of the three major rating agencies. However, Moody’s warns that debt must be reduced sustainably. # And the Netwerk24 website: […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Moody’s verwag dat Suid-Afrika se werklike BBP-groei volgende jaar tot sowat 1,6-persent sal styg. Dit is die mees optimistiese voorspelling van die drie groot graderingsagentskappe. Moody’s waarsku egter skuld moet volhoubaar verminder wod. # En die Netwerk24-webblad: Berig die […]
# RISE Mzansi sê dis ʼn groot krisis dat slegs 11 van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 38 vliegtuie werk. Die Polisieministerie het op ʼn vraag in die Parlement gesê 27 ondergaan tans instandhouding. Die ministerie is besig om nog 15 helikopters teen ʼn geraamde begroting van 1,1-miljard-rand aan te koop. Makashule Gana van RISE Mzansi […]
# Hamas het gister nog vier liggame van gyselaars teruggegee. Agt van die 28 oorlede gyselaars se liggame is sedert Maandag uit Gaza teruggestuur. Die gewapende Palestynse groep het Maandag 20 lewende gyselaars en die liggame van vier vrygelaat. Hamas sê die taak word bemoeilik omdat nie al die grafte geïdentifiseer is nie. Die oorskot […]
# Die EFF in Gauteng sê die skorsing van die provinsiale Gesondheidsdepartement se hoof, Lesiba Arnold Malotana, is net ʼn vertragingstaktiek om hom te beskerm en tyd te maak vir interne politieke bestuur. Sy naam word genoem in die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na tenderbedrog waarby BAS MedExpress en die Masakhane Cook Freeze Factory betrek […]
# Sokker: Suid-Afrika kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldbeker in Amerika, Mexiko en Kanada ná ʼn oortuigende oorwinning van 3-0 teen Rwanda by die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Doele deur Thalente Mbatha, die speler van die wedstryd Oswin Appollis, en Evidence Makgopa het aan Bafana Bafana die eerste plek in Groep C en ʼn outomatiese kwalifisering vir […]
# Suid-Afrika is in die eerste Roxstar Luxury Travel Trends Report aangewys as een van die wêreld se topvyf luukse reisbestemmings in 2025. Amerika is boaan die lys, gevolg deur die Verenigde Arabiese Emirate, die Maledive-eilande, Suid-Afrika en Frankryk. Roxstar Luxury Travel se stigter, Roxy Robinson, sê Kaapstad kombineer stedelike kultuur met van die wêreld se […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile is op ʼn werksbesoek aan Turkye waar hy vandag in Ankara medevoorsitter is van die Twee-nasie-kommissie tussen Suid-Afrika en Turkye. Die kommissie moet as gestruktureerde platform dien om politieke, ekonomiese en maatskaplike samewerking tussen die twee lande te bevorder en te koördineer. Mashatile reis daarna na Istanboel vir vergaderings oor ekonomiese […]
# Die DA sê die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand se hoof, Lesiba Arnold Malotana, se skorsing met volle betaling is nie genoeg nie en hy moet onmiddellik afgedank word. Die Spesiale Ondersoekeenheid het twee kontrakte ondersoek waar hy na bewering omkoopgeld van meer as 10-miljoen-rand met twee ander amptenare gedeel het. Madeleine Hicklin […]