# Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, sê pogings gaan voort om die slagoffers van Sondag se noodlottige busongeluk naby Louis Trichardt uit te ken. Drie-en-veertig mense is in die ongeluk dood. Die meeste passasiers was burgers van Zimbabwe en Malawi wat van die Oos-Kaap na Harare gereis het. Ramathuba sê hulle werk saam met Zimbabwiese […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê adjunkpresident Paul Mashatile het geen regstreekse of onregstreekse finansiële belang in Sizekhaya Holdings nie. Dit is die konsortium wat die lisensie gekry het om Suid-Afrika se nasionale lotery te bedryf. Ithuba Lottery, ‘n verloorder-bieër, het ‘n hofinterdik ingedien om die toekenning van die lisensie […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die kragmeting met Eddie Jones se Japanse span op Wembley in Londen op 1 November gaan taai wees. Suid-Afrika speel op die jaareind-toer ook in Parys teen Frankryk, in Turyn teen Italië, in Dublin teen Ierland en in Cardiff teen Wallis nadat hulle vroeër dié maand die Rugbykampioenskaps-titel die […]
# Gholf: Luke Donald het die deur oopgelaat vir sy derde agtereenvolgende kapteinskap van die Europese span vir die 46ste Ryderbekerkompetisie op Adare Manor in Ierland in 2027. Die Engelsman was in 2023 die eerste keer kaptein tydens die tuisoorwinning in Rome, Italië, asook verlede maand in New York toe hulle die eerste keer in […]
# Die Universiteit van Fort Hare se visekanselier, professor Sakhela Buhlungu, sê oproepe dat hy bedank is niks nuut nie en hy hou vol hy gaan nêrens heen nie. Betogende studente eis dat hy verwyder word en sê hy steur hom nie aan bewerings van wanbestuur by die instelling nie. Buhlungu sê hy gaan voort met […]
# Die Suid-Afrikaner Wim van den Heever is aangekondig as 2025 se Natuurlewefotograaf van die Jaar vir sy foto getiteld Spookdorpbesoeker. Die foto is van ‘n bruin hiëna wat langs die ruïnes van ‘n verlate diamantmynbou-nedersetting in die spookdorp Kolmanskop in Namibië staan. Die foto is gekies uit ‘n rekord van 60-duisend-636 inskrywings uit 113 […]
# Business Leadership South Africa sê die harde werk wat die Nasionale Tesourie in die munisipale skuldverligtingsprogram ingesit het, lei nie tot ‘n verbetering in munisipale betalings nie. Munisipaliteite skuld Eskom gesamentlik 94,6-miljard-rand. Die aantal munisipaliteite met ‘n agterstallige skuldbalans van meer as 100-miljoen-rand het tot 75 gestyg. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê […]
# Sokker: Die FIFA-president Gianni Infantino het Suid-Afrika gelukgewens met sy kwalifisering vir die 2026 FIFA-Wêreldbeker. Bafana Bafana het Rwanda met 3-0 verslaan en is bo-aan die punteleer in Groep C voor Nigerië en Benin. Suid-Afrika is die negende Afrika-span wat vir die uitgebreide 48-span-toernooi kwalifiseer, en sluit aan by Marokko, Tunisië, Egipte, Algerië, Ghana, […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Openbare Beskermer se kantoor speel ʼn belangrike rol om die verhouding tussen die landsburgers en die staat fundamenteel te verander. Hy het gisteraand die hoofrede gelewer by die Openbare Beskermer van Suid-Afrika se internasionale 30-jaar-herdenkingskonferensie in Kaapstad. Ramaphosa sê die Openbare Beskermer se kantoor was en is steeds die […]