# Motorsport: Mercedes het bevestig dat George Russell en Kimi Antonelli hulle renjaerspan bly vir die 2026 Formule Een-seisoen. Russell, wat in 2022 by die Silver Arrows aangesluit het, het sedertdien vyf Grand Prix-seges behaal. Nuweling Antonelli het vanjaar die voorste wegspringplek in die snelwedren in Miami opgeraap, en in Kanada het hy die jongste […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 Oktober 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika gaan voordeel trek uit die belegging van sowat ses-miljard-rand van die multinasionale logistieke maatskappy DHL. Die beleggings gaan volgens die koerant by die groep se drie sakebelange op die Afrika-kontinent gedoen word en die verbeteringe by Transnet het […]
# Die DA verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike steenvrugte-handelsprotokol tussen Suid-Afrika en China en sê dis ʼn deurbraak vir die landbousektor. Die ooreenkoms maak die Chinese mark toeganklik vir vyf soorte Suid-Afrikaanse steenvrugte, naamlik appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante. Willie Aucamp van die DA sê oop deure na Asië en ander streke met […]
# Hamas sê hy het die oorskot oorhandig van al die Israelse gyselaars wat hy kon bereik. Nog twee liggame is gister oorhandig nadat die militante groep reeds die liggame van sewe van die 28 oorlede gyselaars teruggegee het. Israel sê ʼn agste liggaam is nie dié van ʼn gyselaar nie. Dit beteken 19 se […]
# President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel, met onmiddellike ingang geskors, hangende ʼn ondersoek na Fazel se gedrag deur die parlementêre gesamentlike komitee oor Intelligensie. Ramaphosa het hom in 2022 aangestel ná sy benoeming deur die Nasionale Vergadering. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa se skorsing van Fazel is ooreenkomstig […]
# Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, vra vrede deur mag om die konflik in Oekraïne te beëindig, en dat Rusland sy onnodige bloedvergieting staak. NAVO se ministers van Verdediging wat reeds meer hommeltuie aan Oekraïne beloof het, het gister in Brussel vergader. Hegseth sê as daar op die kort termyn geen weg na […]
# Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê ná die skandaal by die Tembisa-hospitaal het hulle finansiële beheer versterk wat sal help om maandelikse uitgawes by die verskillende instellings te oudit. ʼn Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het drie gekoördineerde sindikate ontbloot wat twee-miljard-rand by die hospitaal geplunder het deur ʼn ingewikkelde web van […]
# Limpopo se premier, Phophi Ramathuba, sê pogings gaan voort om die slagoffers van Sondag se noodlottige busongeluk naby Louis Trichardt uit te ken. Drie-en-veertig mense is in die ongeluk dood. Die meeste passasiers was burgers van Zimbabwe en Malawi wat van die Oos-Kaap na Harare gereis het. Ramathuba sê hulle werk saam met Zimbabwiese […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê adjunkpresident Paul Mashatile het geen regstreekse of onregstreekse finansiële belang in Sizekhaya Holdings nie. Dit is die konsortium wat die lisensie gekry het om Suid-Afrika se nasionale lotery te bedryf. Ithuba Lottery, ‘n verloorder-bieër, het ‘n hofinterdik ingedien om die toekenning van die lisensie […]