# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ʼn groep van 25 spelers aangekondig vir Woensdag se Afrikabeker-kwalifiseerder teen die Demokratiese Republiek die Kongo. Die tweede wedstryd vind op 28 Oktober in Johannesburg plaas. Thembi Kgatlana, wat in April laas vir die nasionale span gespeel het, is ook in die groep. Ellis het sewe […]
# Talle Suid-Afrikaanse kunstenaars word oorweeg vir die 2025 Grammy-benoemings. Dit sluit Sjava, Oscar Mbo, Cici, Abavuki en Heavy in. Die voorloper is Sjava wat oorweeg word vir beste wêreldwye musiekalbum vir Inkanyezi Live. Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Cici, word oorweeg in die kategorie vir beste Afrika-musiekprestasie vir haar enkelsnit, Thula. Deep house-maestro Oscar […]
# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot 2024 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Oksana Tarasova, sê […]
# Die Kernbedryfsvereniging van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om beleggings in infrastruktuur vir kernenergie, asook vaardigheidsontwikkeling, navorsing en innovasie te ontsluit. Dit kom te midde van die verhoogde vraag na lae-koolstofenergie en kritieke minerale. Suid-Afrika wil vyfduisend-megawatt nuwe kernkapasiteit byvoeg in ‘n projek wat in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie ingestel sal […]
# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen ‘n beroep op die wêreld om voedselstelsels te skep wat mense voed en die planeet beskerm. Vandag is Wêreldvoedseldag onder die tema Hand aan hand vir Beter Kos en ‘n Beter Toekoms – ‘n oproep tot solidariteit oor grense, sektore en gemeenskappe heen. ‘n Geskatte […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê Suid-Afrika sal oor ʼn tydperk van ses maande twee-miljard-rand van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming ontvang. Dit sal bestaande MIV- en vigsprogramme in die land aan die gang hou. Besnoeiings in Februarie aan Amerika se presidensiële noodplan vir vigsverligting het ʼn massiewe finansiële tekort veroorsaak […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika het sy ekonomiese fondasie laat vergaan terwyl hy ekonomiese doelwitte nastreef wat onmoontlik is sonder betroubare beleggings en bekwame administrasie. Die Nasionale Ontwikkelingsplan voorsien ʼn toekoms waar Suid-Afrika beleggingsvlakke gelykstaande aan 30-persent van sy bruto binnelandse produk bereik. Die land kon dit egter nie die afgelope jare regkry […]
# Die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge het teenstrydige getuienis aangehoor oor regstreekse eise by die Padongelukkefonds sonder om deur ʼn prokureur te werk. SKOOR hoor hierdie week getuienis aan oor verkryging en finansiële bestuur. Amptenare van die fonds het verlede week gesê hulle moedig eisers wie se sake onopgelos is, aan om na […]
The headlines of the leading newspapers on 16 October 2025: NATIONAL: # Business Day: Reports South Africa will benefit from the investment of approximately six-billion-rand from the multinational logistics company DHL. According to the paper, the investments will be made in the group’s three business interests on the African continent, and the improvements at Transnet […]