# Die minister in die Presidensie, Khumbduzo Ntshavheni, sê die kantoor van die inspekteur-generaal van Intelligensie is ten volle operasioneel, ten spyte van Imtiaz Fazel se skorsing. President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal geskors ná klagtes oor sy gedrag. Ntshavheni sê mense moenie verwar word oor die rolle wat misdaadintelligensie, staatsekerheid en die kantoor van […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het ʼn kennisgewing van voorneme gepubliseer om die buitengewone maatreëls om talle taxi-roetes te sluit, met nog 30 dae te verleng. Die roetes tussen Somerset-Wes, Mfuleni, Khayelitsha, en die Strand is verlede maand vir 30 dae gesluit weens ʼn geskil tussen die taxiverenigings, CATA en CODETA, wat […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê sy het die proses vir die benoeming van geskikte kandidate om die funksies van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad te vervul, in die Staatskoerant afgekondig. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die dringende aansoek van die voormalige raadslede van die hand gewys het om die minister se […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag ʼn aansoek van die Presidensie en die staatsadvokaat aan om 28-miljoen-rand se regskoste in sy persoonlike hoedanigheid van oudpresident Jacob Zuma te verhaal. Die Appèlhof het in 2021 beslis Zuma is nie geregtig op voortgesette staatsbefondsing vir sy korrupsiesaak nie. Die staat het verlede jaar met ʼn regsgeding […]
# KwaZulu-Natal se Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings het bevestig dat ‘n tweede vermiste vliegtuig gevind is ná ‘n soektog suid van Boston. Die vlieënier is dood. Die eerste vliegtuig is gister opgespoor, en die vlieënier is ook dood gevind. Die twee vliegtuie het naby Nottinghamweg in die Middellande vermis geraak. Die departement se […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die Indiese eerste minister, Narendra Modi, het hom verseker sy land sal ophou om olie by Rusland te koop. Olie en gas is Rusland se grootste uitvoerprodukte en Indië, China en Turkye van sy grootse kopers. Die Trump-administrasie het tariewe van 50-persent op Indiese goedere ingestel wat hy […]
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ʼn groep van 25 spelers aangekondig vir Woensdag se Afrikabeker-kwalifiseerder teen die Demokratiese Republiek die Kongo. Die tweede wedstryd vind op 28 Oktober in Johannesburg plaas. Thembi Kgatlana, wat in April laas vir die nasionale span gespeel het, is ook in die groep. Ellis het sewe […]
# Talle Suid-Afrikaanse kunstenaars word oorweeg vir die 2025 Grammy-benoemings. Dit sluit Sjava, Oscar Mbo, Cici, Abavuki en Heavy in. Die voorloper is Sjava wat oorweeg word vir beste wêreldwye musiekalbum vir Inkanyezi Live. Die bekroonde sanger en liedjieskrywer, Cici, word oorweeg in die kategorie vir beste Afrika-musiekprestasie vir haar enkelsnit, Thula. Deep house-maestro Oscar […]
# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot 2024 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Oksana Tarasova, sê […]