# Krieket: Suid-Afrika het een voet in die halfeindronde van die 2025 Vrouewêreldbeker nadat die openingspaar Laura Wolvaardt en Tazmin Brits gister ‘n sprankelende vertoning gelewer het en mede-gasvroue Sri Lanka met 10 paaltjies in Colombo afgeransel het. Die Proteas het met foutlose spel ‘n hersiene oorwinningsteiken van 121 gemoker, met 31 balle oor van […]
# Prins Andrew sal met onmiddellike ingang die gebruik van sy koninklike titels, insluitend Hertog van York, prysgee nadat hy die saak met Koning Charles bespreek het. In ‘n verklaring wat deur Buckingham-paleis uitgereik is, sê hy na gesprekke met die Koning, en sy onmiddellike en breër familie, was daar ooreenstemming dat die voortgesette beskuldigings […]
# Rugby: Die Vodacom Bulle het gisteraand ‘n laat aanslag oorleef en ‘n moeilike oorwinning van 28-27 oor die Ierse span Connacht behaal in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Galway. Hoewel die Bulle beter verdedig het, het hulle steeds vier drieë afgestaan, terwyl hulle drie van hul eie aangeteken het. In ‘n omstrede voorval is Bulle-haker […]
# President Donald Trump en sy Oekraïnse eweknie Volodymyr Zelensky is verdeeld oor die toekoms van die oorlog in Oekraïne na hul derde vergadering van etlike ure gister by die Withuis. Trump het dit duidelik gestel dat hy nie nou die langafstandmissiele sou verskaf wat Zelensky gesoek het nie. Kort na die vergadering het Trump […]
# Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê Amerika se handelstariewe sal nie Suid-Afrika se brandstofsekerheid beïnvloed nie. President Donald Trump van Amerika het in Augustus ʼn tariefverhoging van 30-persent ingestel op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Mantashe sê omdat die land nie brandstof na Amerika uitvoer nie, is daar geen uitwerking op […]
# Die omstrede sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, sê hy vrees vir sy lewe nadat die polisie gister ʼn klopjag uitgevoer het by sy sakeonderneming in Mahikeng. Die polisie sê dis deel van ʼn voortgaande ondersoek wat reeds voor die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee bespreek is. Hy word beskuldig dat hy deel was […]
# Die Verenigde Koninkryk se binnelandse veiligheidsdiens, MI5, waarsku dat Brittanje ‘n toenemende bedreiging van vyandige lande, insluitend Iran, Rusland en China, ondervind, terwyl die risiko vir terrorisme enorm bly. Die VK het verlede jaar ‘n toename van 35-persent ondervind in die aantal verdagtes wat vir moontlike werk vir ‘n vyandige buitelandse regering ondersoek is. […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê hoë staatskuld en fiskale druk, maak dit belangrik om groei-georiënteerde makro-ekonomiese beleid na te volg om langtermyn-groeimoontlikhede te bevorder. G20-lande se ministers van Finansies en sentrale banke se presidente het hierdie week in Washington hul toewyding bevestig om globale groei te stabiliseer, skuldkwessies te hanteer en Afrika […]
# Krieket: Protea-kaptein Temba Bavuma is later die maand weer in aksie ná sy kuitbesering. Hy is ingesluit by Suid-Afrika A se groep vir die vierdagreeks teen Indië, en sal beskikbaar wees vir die tweede van twee eersteklaswedstryde in Bengaluru. Suid-Afrika A speel in November ook drie eendagwedstryde teen Indië A in Rajkot. Krieket Suid-Afrika […]