# Minstens twee mense is dood toe ʼn vragvliegtuig by die Hongkong Internasionale Lughawe van die aanloopbaan geloop en in die see beland het. Die Emirates-vlug van Dubai het tydens landing ʼn voertuig getref en twee lede van die lughawe se grondpersoneel het in die see geval. Hulle is gered, maar het later in die […]
# Motorsport: Red Bull-renjaer, Max Verstappen, het ʼn oorheersende vertoning gelewer en spog ná die Amerikaanse Grand Prix met sy vyfde sege van die seisoen. Lando Norris van McLaren is tweede en Charles Leclerc van Ferrari is derde. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri van McLaren, was vyfde. Verstappen, wat strewe na ʼn vyfde […]
# Gholf: Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase, wat deelgeneem het […]
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika sal sy elektrisiteitsopwekking uit gas en kernkrag oor die volgende 15 jaar uitbrei. Die minister het gister ʼn nuuskonferensie oor die Geïntegreerde Hulpbronplan gehou nadat dit deur die Kabinet aanvaar is. Die regering wil teen 2039 105-duisend megawatt nuwe opwekkingsvermoë byvoeg. Ramokgopa sê die land se […]
# Die DA het aan Tshwane se munisipale bestuurder, Johann Mettler, geskryf en ʼn ondersoek gevra na die besteding op watertenkwaens in die metro. In die boekjaar wat in Junie 2025 geëindig het, was die oorbesteding hierop 457-miljoen-rand, en 672-miljoen-rand meer as wat amptenare in 2024 bestee het. Cilliers Brink van die DA sê die […]
# Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die skietstilstand-ooreenkoms wat Amerika bewerkstellig het. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel het ook humanitêre hulp aan Gaza gestaak. Die […]
# Die Franse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n bende wat waardevolle juweliersware uit die Apollo-kamer in die Louvre-museum in Parys gesteel het. Dit blyk dat die bende ‘n meganiese leer gebruik het om toegang tot die eerste verdieping te verkry voordat hulle uitstallingskaste gebreek en op bromponies ontsnap het. Die minister […]
# Padwedlope: Organiseerders van die Kaapstad-marathon sê vanjaar se deelnemers sal geborgde inskrywing vir volgende jaar se wedloop ontvang. Sondag se wedloop is op die nippertjie gekanselleer weens rukwinde wat strukture beskadig het voordat die skoot afgevuur kon word. Die marathon was daarop gemik om Abbott World Marathon Majors-status te verwerf, om erken te word […]
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2-duisend-miljard-rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in ‘n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan is daarop gemik om elektrisiteitsvoorsieningskwessies aan te […]