# Die minister van Verdediging, John Healey, sê Brittanje is gereed om soldate in Oekraïne te ontplooi indien president Donald Trump van Amerika ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik. Trump en die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om binne die volgende paar weke in Hongarye te ontmoet om ʼn einde te bring aan die vier jaar […]
# Die ANC en Ezulweni Investments het buite die hof geskik. Die party sou na verwagting vandag die hof nader om ʼn bevel om op sy bankrekeninge beslag te lê weens skuld van 85-miljoen-rand, om te keer. Dit volg nadat die ANC versuim het om sy skuld aan die KwaZulu-Natalse drukker- en bemarkingsmaatskappy te betaal vir […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu wat tans op spesiale verlof is, sal vandag vrae van die parlementêre ad hoc-komitee beantwoord. Die komitee ondersoek misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Die minister het verlede week voor die komitee getuig sy besluit om ʼn bevel uit te vaardig om die taakspan oor politieke […]
# President Donald Trump van Amerika het Hamas gewaarsku hy sal vernietig word tensy hy die bepalings van die skietstilstandooreenkoms met Israel nakom. Dit volg nadat Israel Sondag ʼn reeks lugaanvalle in Gaza uitgevoer het nadat hy Hamas beskuldig het van ʼn aanval waarin twee Israelse soldate dood is. Minstens 44 mense in Gaza is […]
# Die ANC sê die beleid oor breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie. Dit volg terwyl die DA beplan om ʼn Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in te stel om SEB-wetgewing te vervang. Die party sê die wetsontwerp beoog om ʼn verkrygingstelsel te skep wat ware ekonomiese bemagtiging aanmoedig deur aansporings […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê streng sekerheids- en ondersteuningsmaatreëls word getref om die integriteit van die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te verseker. Ongeveer 900-duisend kandidate sal na verwagting die NSS-eksamen, wat vandag begin, aflê. Gwarube sê openbare eksamensentrums waar onreëlmatighede herhaaldelik voorgekom het, sal permanent eksterne opsieners hê om integriteit te […]
# President Cyril Ramaphosa het die 2025-matriekklas alle sterkte toegewens met die begin van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen vandag en gesê dit is die leerders se oomblik om te skitter. Ongeveer 900-duisend kandidate gaan na verwagting die NSS-eksamen aflê, en onder hulle is 766-duisend voltydse leerders en 137-duisend deeltydse kandidate. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die skietstilstand in Gaza is steeds in werking. Israel het gister ‘n reeks aanvalle oral in die gebied geloods nadat hy Hamas beskuldig het van ‘n aanval waarin twee soldate dood is. Minstens 44 mense is in die Israelse aanvalle dood. Hamas en Israel beskuldig mekaar van die […]
# President Cyril Ramaphosa sê om armoede te oorkom en lewenskoste vir Suid-Afrikaners te verminder is een van die strategiese voorkeure van die regering van nasionale eenheid. Sowat 15- tot 16-miljoen inwoners se toegang tot voedsel is onvoldoende of word ernstig gekortwiek. Ramaphosa sê in sy weeklike nuusbrief terwyl kleinhandelaars daaraan werk om hulle markaandeel […]